Category "Products"

11Jul2023

Few people know, but before I became a mom and homeschool educator, I used to be an interior designer. It is vastly different to an interior decorator and easily confused, for that reason it is sometimes now called interior architecture.

After completing high school, I studied at a small private college in Cape Town, called Design Time. I believe it is still going strong, with Yoland Mitton at the head.

My world to design was unlocked there, and I fell in love with concept development and the execution of an idea. Although I studied interior design, we were also challenged in other design areas like product design, stage design, photography and fabric design.

After the 2 year diploma course I started working at Klein Concepts in Johannesburg, doing upmarket retail interior design. Yes, the interior design field has many faces. There is corporate design that focusses on office buildings, retail design that focusses on shops, residential design that focus on houses, to name just a few.

For the art student interested in design as a career, it could mean being confused as to which discipline of design to pursue. That is why I created this Introduction to Design Course. It gives an overview of different design disciplines, each with 2 projects to complete. It is advised that each lesson be completed over a 2 week period, making the course a 16 week course. For some projects more time might be needed and depending on the student one lesson could take up to 4 weeks.

For the American Homeschool Diploma students you could get 1/2 credit or 1 credit depending on the amount of time you spend completing the course. (150 hours = 1 credit; 75 hours = 1/2 credit)

In this course you will learn about various design disciplines. From graphic design to architecture. It will challenge you to think outside of the box and give you an idea of which design discipline suite you best, as well as if design is a feasible career option for you.


29Jun2023

In hierdie studie van Suid-Afrika se geskiedenis gaan jy leer van mense wat deel was daarvan om Suid-Afrika te maak wat dit vandag is. Van die mense het jy reeds dalk ontmoet en ander sal binnekort nuwe kennisse word.

Hierdie is ‘n jaar kursus en kan ‘n half krediet tel vir die Amerikaanse Hoërskool Diploma.

Elke week gaan jy van ‘n nuwe persoon leer en die opdragte doen. Dit word ook aanbeveel dat jy deur die aanvullende artikels lees oor aspekte of gebeurtenisse van Suid-Afrika se geskiedenis, dit sal jou help om die gebeure en geskiedenis beter te verstaan.

As jy ‘n hoërskool leerling tuisskool, weet jy dat daar min Afrikaanse kursus beskikbaar is… en dit is hoe hierdie kursus gebore is. Ek het self met ‘n nuwe hoërskool leerling gesit wat ‘n sosiale studie vak moes neem om ‘n krediet vol te maak vir haar hoërskool diploma. Sy was maar te gewillig om dit in Engels te doen, maar ek het al hoe meer begin besef dat haar Afrikaans onder al die Engelse vakke begin ly. Verder het ons nog nie te veel aandag geskenk in die laerskool jare aan die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie, net so hier en daar aan dit geraak. So hierdie kursus is my ‘2 vlieë met een klap’ vir ons gesin gewees.

Ek het vinnig besef dat daar baie gesinne is wat hierby kan baat vind en stel dit dan op ons webwinkel as ‘n PDF beskikbaar. Ek het dit so goedkoop as moontlik probeer hou, sodat enige iemand dit kan bekostig.

Daar is elke week ‘n skryfopdrag en ‘n tydlyn word deur die verloop van die kursus opgebou, sodat die leerling ‘n goeie begrip van die geskiedenis kan vorm. Dit word sterk aanbeveel dat die leerder self ook verdere navorsing doen, omdat dit hulle horisonne soveel verbreed wanneer hulle eienaarskap neem en self begin ontdek. As skryfwerk vir julle ‘n hakpunt is, moenie daarteen vaskyk nie, gebruik tegnologie tot julle voordeel deur videos of audio opnames te maak in die plek van die skryfwerk.

Vir die ouer, toesighouer of nasiener is daar riglyne vir punte toekenning indien dit nodig sal wees.

Geniet asseblief hierdie kursus! En laat weet my wat julle dink daarvan by admin at happydooda.co.za.


20Jun2023

Ek word gereeld gevra deur mamma’s: “watter hulpmiddels hulle kan gebruik vir hulle voorskoolse kinders?” of “Wat behoort hulle kinders te leer?”

Met “voorskoolse kind” word bedoel die kind van 0-5 jaar.
Graad R is gewoonlik die jaar waarin die kind 6 jaar oud word, dis die jaar waarin daar gereed gemaak word vir skool.
Graad 1 is gewoonlik die jaar waarin die kind 7 jaar oud word.

Daar is baie idees oor wat ‘n voorskoolse kind behoort te leer, en ek het my eie ook. Persoonlik, dink ek dit is beter as ‘n jong kind leer deur speel. As iets nie vir ‘n kind lekker is nie, leer hulle ook nie so goed nie, en kan daar onnodig negatiewe denk paadjies gevorm word in verband met “skool”.

Met my eie kinders het ek seker gemaak dat hulle, teen die tyd dat hulle Graad R ouderdom bereik het, die volgende akademiese konsepte onder die knie gehad het:

Nommers of syfers

Volg gerus die boonste skakels na die produkte wat ek opgestel en gebruik het spesifiek vir my jongste. En hier onder is die skakel na die buitelyne program wat ek opgestel het vir my 2de laaste kind. Die boonste 3 programme pas in die onderste een in en kan saam gebruik word.

Die Voorskool Gids is net ‘n buitelyn gids om ouers ‘n idee te gee waaraan om aandag te gee in die voorskool jare. Dit is meestal gerig op die graad RR jaar, om seker te maak dat die basiese ‘skool’ konsepte gelê is waarop in die graad R jaar gebou word.

Dit bestaan uit 30 weke waarin 10 kleure, 10 syfers, 9 vorms en ‘My naam’ as die hoof fokus items gelys word. Elke week het die volgende op die bladsy:

  • die hoof fokus item vir die week
  • ‘n konsep,
  • ‘n karaktereienskap,
  • ‘n Bybelstorie en
  • ‘n Bybelvers om te memoriseer

Verder in die voorskool jare het ons lekker gespeel en die grootmotories en kleinmotoriese vaardighede geoefen sonder dat hulle dit agtergekom het. Ons het gereeld ons eie klei en “moonsand” gemaak. Ons het met borrels gespeel, met rys, sand en lensies prentjies gemaak. Ons het mielie- en boontjiepitte getel en geplant. Ons het reënboë in die tuin gemaak, en geleer watter goed dryf of sink. Ons het geverf en geteken en ingekleur, gespoeg en geplak. En teepartytjies gehou…

‘n Voorskoolse kind, in my opinie, behoort te leer van onvoorwaardelike liefde en van hulle Skepper, wie hulle self is en van die aarde waarop hulle bly. Hullle moet leer van reg en verkeerd, van goed en sleg, en hulle moet die geleentheid gegun word om hulleself en die wêreld om hulle te ontdek sonder vrees.

Plaas altyd jou verhouding met jou kind bo die werk wat hy/sy behoort te leer. Ons werk as ouer en opvoeder is om vir hulle dit makliker te maak, nie om hulle moedeloos te maak nie. Die werk sal weldra geleer word, maar wat hy/sy gaan onthou is hoe jy hulle laat voel het.

Geniet die jare saam met jou voorskoolse kind. Ontspan. Leer self weer om stil te staan, te speel, en te ontdek.

Om kleintjies groot te maak, moet grotes klein word…


10Jun2023

Toe my kinders kleiner was het ek ‘n graad R program vir hulle uitgewerk. Een van die dinge wat ek gemaak het was die muurkaarte vir elke tema wat ons behandel het. Elke muurkaart het bypassende prente, woordeskat woorde en ‘n gediggie.

Die muurkaarte is beskikbaar in ons aanlyn winkel en slegs beskikbaar as ‘n aflaaibare PDF dokument. Vind die verskillende muurkaart skakels hier onder.

Gebruik die muurkaart wanneer ‘n tema bekendgestel word en laat die kind dit besturdeer. Ons het die gediggie saam gelees en gesels oor die tema.

Bundels

Die heelal bundel

4 muurkaarte: Die wêreld; Die maan; Die ruimte; Son en sterre.

Die plaas bundel

4 muurkaarte: Groente; Plaas; Saad en Graan; Vrugte

Diere bundel

3 muurkaarte: Voëls; Wildtuin; Insekte

Seisoene bundel

5 muurkaarte: Seisoene; Herfs; Somer; Winter; Lente

Individuele muurkaart skakels

See