Category "Blog"

16May2024

Hoeveel weet jy van Antieke Griekeland? Kan jy al die vrae reg antwoord?

As jy klaar al die vrae geantwoord het, vind die antwoorde heel onder.

low angle photograph of the parthenon during daytime
Photo by Pixabay on Pexels.com

A) Argaïese tydperk

B) Klassieke Tydperk

C) Hellenistiese Tydperk

D) Nie een van die bogenoemde nie

A) Athene

B) Sparta

C) Korinte

D) Nie een van die bogenoemde nie

A) Werk

B) Speel

C) Gesinstyd

D) Al die bogenoemde

A) Vleis en kaas

B) Groente en vis

C) Brood en olywe

D) Al die bogenoemde

A) Tempel van Zeus by Olympia

B) Parthenon

C) Tempel van Artemis in Efese

D) Nie een van die bogenoemde nie

A) Dories

B) Ionies

C) Korintiërs

D) Nie een van die bogenoemde nie

A) Sokrates

B) Alexander die Grote

C) Homeros

D) Hippokrates

A) Sokrates

B) Alexander die Grote

C) Homeros

D) Hippokrates

A) Sokrates

B) Alexander die Grote

C) Homeros

D) Archimedes

A) Argaïese tydperk

B) Klassieke Tydperk

C) Hellenistiese Tydperk

D) Nie een van die bogenoemde nie

Antwoorde:

1. A) Argaïese Tydperk

2. B) Sparta

3. D) Al die bogenoemde

4. C) Brood en olywe

5. B) Parthenon

6. A) Dories

7. D) Hippokrates

8. C) Homeros

9. D) Archimedes

10. C) Hellenistiese Tydperk


14May2024

Kom leer saam oor die lank vergete wêreld van Antieke Griekeland! Ons gaan leer van die geboorte van toneelspel, die filosowe van ouds, mites, gode, helde en die ontstaan van demokrasie. Antieke Griekeland is ‘n skatkis van wonder en ontdekking.

Antieke Griekeland was ‘n beskawing wat meer as 2 500 jaar gelede gefloreer het, van ongeveer 800 vC tot 146 vC. Dit was ‘n tydperk waarin groot inoverende vooruitgang gemaak is in meeste dele van die samelewing, wat gehelp het om ons wêreld van vandag se kultuur en samelewing te vorm.

©Wikimedia Commons

Ons kan Antieke Griekeland se geskiedenis opdeel in 3 hoofdele:

Die Argaïese Tydperk (800-480 vC) het die opkoms van stadstate (polis), insluitend Athene en Sparta, en die opkoms van Griekse kolonisasie oor die Middellandse See gesien. In hierdie tydperk is demokrasie (‘n manier van regeer) gebore in Athene en die Olimpiese Spele the ontstaan.

Die Klassieke Tydperk (480-323 vC) word dikwels as die hoogtepunt van die Griekse beskawing beskou. Dit was die Goue Era van Athene onder leiding van die staatsman Perikles. In hierdie tydperk sien ons die ontstaan van kuns en filosofie deur Sokrates, Plato en Aristoteles, asook verskeie oorloë soos die Persiese Oorloë en die Peloponnesiese Oorlog.

Die Hellenistiese Tydperk (323-146 vC) is die laaste tydperk voor Griekeland oor geneem is deur die Romeine. Die hellenistiese tydperk het gevolg op die verowerings van Alexander die Grote, dit het die Griekse kultuur oor die destydse wêreld versprei. Interne twis en eksterne bedreigings het egter uiteindelik gelei tot die verval van die Griekse stadstate, wat veroorsaak het dat die Romeinse Ryk Griekeland in 146 vC oorgeneem is.

Antieke Griekeland het nie ‘n groot sentrale regering gehad nie, elke stad was soos sy eie klein koninkrykie, en is ‘n stadstaat of “polis” genoem. Hierdie stadstate was soos groot familiebuurte, elk met sy eie reëls en leiers. Dit was onafhanklik en het dikwels met mekaar om mag en glorie meegeding. Kom ons kyk na drie bekende stadstate van daardie tyd.

Eerstens is daar Athene, die geboorteplek van demokrasie. In Athene het alle burgers – die vry volwasse mans – inspraak gehad om besluite oor die stad te neem. Hulle het in ‘n plek genaamd die ἐκκλησία (uitgespreek ‘ekklesia’ – dit beteken ‘vergaderinghuis’ of word ook baie keer vertaal met bymekaarkomsplek of kerk) vergader om oor wette te stem en leiers te kies. Athene was ook ‘n sentrum van kuns, kultuur en leer, met bekende filosowe soos Sokrates en Plato.

Dan is daar Sparta, bekend vir sy taai krygers en streng lewenswyse, ‘n stadstaat wat reg was om oorlog te voer. In Sparta het seuns op ‘n baie jong ouderdom met militêre opleiding begin, en meisies is ook opgelei om sterk en gesond te wees. Spartane het bo alles in dissipline en plig geglo, en hul militêre bekwaamheid is dwarsdeur Griekeland gevrees.

Ten slotte is daar Korinte, ‘n ryk en magtige stadstaat wat bekend is vir handel en besigheid. Geleë op die smal strook land genaamd die Landengte van Korinthe, het dit die belangrike handelsroetes tussen die vasteland en die Peloponnesos (die groot eiland aan die suide van Griekland) beheer. Korinthe was ook bekend vir sy pragtige pottebakkery en kuns, wat in Griekeland baie gesog was.

Hierdie stadstate het elk hul eie unieke sterkpunte en kenmerke gehad, wat bygedra het tot die ryk tapisserie van die Antieke Griekse beskawing.

In Antieke Griekeland was die daaglikse lewe ‘n mengsel van werk, speel en gesinstyd. Kinders het skool toe gegaan om te leer lees, skryf en wiskunde te doen. Mense het daarvan gehou om speletjies te speel en na toneelstukke te kyk. Hulle het saam met vriende bymekaar gekom vir feeste en ander vieringe.

Kom ons gesels oor kos! Die Antieke Grieke het ‘n smaaklike dieet geniet, gevul met lekker dinge soos brood, olywe, kaas en vrugte. Hulle het ook baie groente en vis geëet, en soms het hulle spesiale lekkernye soos heuningkoeke gehad. En raai wat? Hulle het selfs hul eie weergawe van kitskos gehad—straatverkopers het versnaperinge soos geroosterde vleis en geroosterde neute verkoop.

Wat klere betref, het Grieke daarvan gehou om dinge eenvoudig en gemaklik te hou. Mans het dikwels ‘n tuniek gedra, dit was soos ‘n lang hemp, saam met ‘n reghoekige mantel. Vrouens het lang rokke met voue of plooie in gedra, en soms het hulle ‘n deftige band om hul middel gesit. Sandale was gewilde skoene vir beide seuns en meisies. Hulle was mal daaroor om kranse van blomme of blare vir spesiale geleenthede te dra, dit was soos om ‘n kroon te dra! Die Antieke Griekse kultuur was vol kleure, smake en prettige verrassings.

In Antieke Griekeland was geboue nie net plekke om te woon of werk nie – dit was kunswerke! Kom ons begin met huise. Die meeste mense het in eenvoudige huise gewoon wat van modderbakstene of klippe gemaak was, met dakke van kleiteëls. Binne was daar ‘n binnehof waar almal geleef het en tyd saam met familie deur gebring het. Die slaapkamers en ander vertrekke asook ‘n plek om kos te maak was om die binnehof.

Een van die bekendste geboue in Antieke Griekeland was die Parthenon, ‘n tempel wat aan die godin Athena gewy is. Dit is in Athene gebou op die Akropolis heuwel en het hoë kolomme gehad wat Doriese kolomme genoem word. Hierdie kolomme was enorm, stewig en het ‘n eenvoudige ontwerp gehad. Nog ‘n bekende gebou was die Tempel van Zeus by Olympia, met sy groot kolomme en ingewikkelde kerfwerk.

Van kolomme gepraat, daar was drie hoofstyle: Dories, Ionies en Korinthies. Doriese kolomme was die eenvoudigste, Ioniese kolomme het spoggerige boekrolle aan die bokant gehad, en Korintiese kolomme was die mees dekoratiewe, met blare en blomme daarin uitgekerf.

Een van die bekendste argitekte van daardie tyd was ‘n persoon met die naam Phidias. Hy het die standbeeld van Athena in die Parthenon ontwerp, en sy werk is oral in Griekeland bewonder. Antieke Griekse argitektuur het nie net oor geboue gegaan nie—dit het gegaan oor die skep van skoonheid wat eeue lank geduur het!

In Antieke Griekeland was godsdiens ‘n groot deel van die alledaagse lewe. Die kern van hul geloof was die gode en godinne van die Griekse mitologie. Mitologie of mites is stories oor gode en godinne. Stel jou voor Zeus, die magtige koning van die gode, wat die lug regeer met sy weerligstrale, of Athena, die wyse godin van wysheid en oorlog, wat helde op hul soeke lei. Die Antieke Grieke het geglo die gode en godinne het op die Olimpus gebergte gebly, dis die hoogste berg in Griekeland.

Mense het hierdie gode en godinne aanbid deur tempels te bou en geskenke soos kos, blomme en gebede vir hulle te bring. Hulle het geglo dat as hulle die gode gelukkig hou, die gode vir hulle geluk en beskerming sou bring. Feeste en seremonies is deur die jaar gehou om die gode te eer, en alles van die oes tot oorwinnings in gevegte is gevier.

Godsdiens het elke aspek van die Griekse lewe beïnvloed, van politiek en kuns tot daaglikse rituele en tradisies. Dit het bepaal hoe hulle besluite geneem het, mekaar behandel en die wêreld rondom hulle verstaan het. Vir die Grieke was mitologie nie net stories nie – dit was ‘n manier om die geheimenisse van die lewe te verduidelik en betekenis in die wêreld te vind.

‘n Paar van die groot Griekse gode:

– Zeus (koning van die gode)

– Poseidon (god van die see)

– Hades (god van die onderwêreld)

– Athena (godin van wysheid)

– Apollo (god van die son)

Alhoewel Antieke Griekeland bekend is vir hulle filosofie was mense nie net denkers nie – hulle was ook uitvinders en pioniers in wetenskap en wiskunde! Een van hul grootste uitvindings was die watermeul, wat gehelp het om korrels graan tot meel te maal en die lewe vir boere makliker te maak. Hulle het ook wonderlike masjiene gebou soos die kilometerteller, wat afstande gemeet het, en die wekker, wat water gebruik het om mense wakker te maak!

Maar dit is nie al nie! Griekse geleerdes het baanbrekende ontdekkings in wetenskap en wiskunde gemaak wat ons vandag nog verstom. Verder het hulle die sterre en planete bestudeer, die grondslag vir sterrekunde gelê en gereedskap soos die astrolabium (‘n instrument om op die see te navigeer volgens die sterre) uitgevind. In wiskunde het hulle meetkunde ontwikkel, dink maar aan Pythagoras met sy wiskunde metodes en formules vir driehoeke. En verder het hulle selfs die omtrek van die Aarde bereken!

Antieke Griekse tegnologie het nie net daaroor gegaan om die lewe geriefliker te maak nie – dit was om die geheimenisse van die heelal te verken en die geheime van die wêreld rondom hulle te ontdek. Van die uitvind van slim masjiene tot die ontrafeling van komplekse wiskundige vergelykings, die Grieke was ware baanbrekers wie se innovasies ons steeds inspireer om groot te droom en na die sterre te reik!

Belangrike uitvindings:

Lees meer oor griekse uitvindings hier.

Watermeule, kilometerteller (odometer), wekker, kartografie (die kuns en wetenskap om ‘n gebied voortestel op ‘n kaart en die studie van kaartgebruik), die olimpiese spele, basiese meetkunde, vroeë gebruike in medisyne, moderne filosofie (maniere om oor dinge te dink), demokrasie (‘n manier om te regeer).

In Antieke Griekeland het kuns verder gestrek as om net mooi prente te skilder – dit was ‘n manier om stories te vertel, emosies uit te druk en die lewe te vier!

Een van hul bekendste kunsvorme was teater, waar akteurs toneelstukke vir groot skares opgevoer het. Die Grieke het drama uitgevind, met dramaturge soos Aeschylus, Sophocles en Euripides wat opwindende verhale van helde, gode en monsters geskep het wat vandag nog gehore boei. Die Grieke het teater geskep om hul gode te vier, stories te vertel en saam pret te hê. Stel jou voor om kostuums aan te trek en groot maskers te dra om verskillende karakters te word. Hulle het opwindende toneelstukke oor helde, gode en snaakse situasies opgevoer. Hierdie toneelstukke het belangrike lesse geleer en mense laat dink. So, teater was nie net oor vermaak nie; dit het ook gegaan om te leer en stories met vriende en familie te deel.

Die Grieke was ook meesters van letterkunde en poësie. Hulle het epiese gedigte soos die Ilias en die Odyssee geskryf, wat die avonture van legendariese helde soos Achilles en Odysseus vertel het. Hierdie verhale is deur generasies oorgedra en het talle ander kunswerke geïnspireer.

Benewens teater en letterkunde het die Grieke pragtige beeldhouwerke, pottebakkery en argitektuur geskep wat hul talent en kreatiwiteit ten toon gestel het. Hulle het ingewikkelde standbeelde van gode en godinne gesny, vase met tonele uit die mitologie versier en manjifieke tempels en monumente gebou wat steeds as bewys van hul genialiteit staan.

Antieke Griekse kuns was ‘n venster na hul kultuur, oortuigings en waardes. Deur hul kuns het die Grieke die skoonheid van die wêreld om hulle uitgedruk en ‘n nalatenskap agtergelaat wat ons vandag steeds inspireer en verstom.

Antieke Griekeland was die tuiste van baie mense wie se prestasies vandag nog voortleef! Kom ons ontmoet ‘n paar van hierdie bekende figure:

Sokrates – Eerstens het ons Sokrates, ‘n wyse filosoof wat daarvan gehou het om vrae te vra en mense uit te daag om diep na te dink oor die lewe en die wêreld rondom hulle.

Alexander die Grote – Dan is daar Alexander die Grote, ‘n magtige koning wat uitgestrekte lande verower het en die Griekse kultuur wyd en syd versprei het.

Homeros – Homeros was die legendariese digter wat die epiese gedigte die Ilias en die Odyssee geskryf het. Hierdie opwindende verhale van helde en avonture is van die oudste en bekendste verhale ter wêreld!

Hippokrates – Wie kan vergeet van Hippokrates, die “vader van medisyne,” wat die Hippokratiese Eed gestig het en die grondslag vir moderne medisyne gelê het?

Archimedes – Laastens, maar nie die minste nie, het ons Archimedes, ‘n briljante wiskundige en uitvinder wat belangrike beginsels soos die hefboom en die konsep van dryfvermoë ontdek het. Dit was hy wat die beroemde kreet: “Eureka!” uitgeroep het, toe hy uitgevind het hoe om die volume van onreëlmatige voorwerpe te meet terwyl hy bad.

Hierdie ongelooflike individue het hul merk op die geskiedenis gelaat en generasies geïnspireer met hul wysheid, moed en kreatiwiteit.

Die Antieke Griekse Olimpiese Spele was soos ‘n reusepartytjie vir atlete en toeskouers! Hierdie spele het in 776 vC in die dorp Olympia, Griekeland, begin en is geeindig in 393 nC. Volgens legende het dit begin as ‘n manier om die koning van die gode, Zeus, te vereer. Maar gou het dit ‘n groot geleentheid geword vir die mans van Griekeland!

Wie kan deelneem aan die pret? Wel, net vry Griekse mans is toegelaat om mee te ding en enige iemand van regoor Griekeland kon kom kyk en hul gunstelinge toegejuig, mits jy nie ‘n getroude vrou was nie. Getroude vrouens was nie toegelaat nie en was selfs strafbaar met die dood as hulle dit sou waag dit by te woon, want die mans het kaal deelgeneem.

Om gereed te maak vir die wedstryde het atlete baie hard geoefen. Hulle het gehardloop, gestoei, spiese en skywe gegooi en allerhande sportsoorte beoefen. Om in tip-top vorm te wees was die sleutel. Die deelnemers was verplig om vir ‘n maand voor die spele in Olympia te oefen, alhoewel hulle dikwels vir maande lank geoefen het.

Die Olimpiese Spele het elke vier jaar plaasgevind, soos ‘n groot sportfees. Almal sou in Olympia bymekaarkom om te sien wie die beste van die beste is. Daar was geleenthede vir hardloop, stoei, boks, strydwawedrenne, en meer. Selfs oorloë is vooraf gestop en die stadstate moes ‘n vredesooreenkoms teken vir ‘n tydperk van vrede tydens die Spele. Geen wapens is toegelaat in Olimpia nie.

Sommige atlete het supersterre geword, soos die stoeier Milo van Croton, wat ses Olimpiese titels in ‘n ry gewen het! Sy krag was legendaries, en hy het selfs elke dag ‘n kalf op sy skouers gedra totdat dit ‘n volwasse bul was!

Die Antieke Griekse Olimpiese Spele het oor meer as net wen gegaan; dit was oor eenheid, vriendskap en om jou vaardighede te wys. En selfs vandag kyk ons steeds met verwondering en ontsag na die antieke Olympiese Spele.

Antieke Griekeland was soos ‘n reuse-speelplek vir helde en krygers, maar dit was nie net pret en speletjies nie. Stadstate, soos Athene en Sparta, het altyd hul stemme groot gemaak en het soms in epiese gevegte met mekaar beland.

Oorlogvoering was ‘n groot probleem in Antieke Griekeland. Seuns het amper so gou as wat hulle kon loop geleer van veg! Onderwys het nie net lees en skryf ingesluit nie, maar ook atletiek en militêre opleiding. Hulle het hard geoefen om sterk en dapper soldate te wees.

Wanneer dit tyd geword het om te veg, het Griekse krygers hul pantser van brons of leer aangetrek. Hulle het helms gedra om hul koppe te beskerm en skilde gedra om vyandelike aanvalle af te keer. Spiese en swaarde was hul wapens op die slagveld.

Van die grootste veldslae in Antieke Griekeland was die Persiese Oorloë, waar die Grieke indringers uit Persië beveg het. Maar miskien is die bekendste oorlogsverhaal van alle tye die legendariese Slag van Troje. Dit is ‘n verhaal van liefde, verraad en ‘n reuse-houtperd wat die verloop van die geskiedenis verander het!

Oorlog was egter nie net oor veg nie. Dit het ook gegaan oor eer, moed en om op te staan vir dit waarin jy glo. En al is Antieke Griekeland lankal verby, onthou ons steeds die helde en legendes wat so dapper in daardie ou gevegte geveg het.

Antieke Griekeland was ‘n beskawing wat die Westerse kultuur en samelewing gevorm het. Van stadstate tot die daaglikse lewe, argitektuur tot godsdiens, tegnologie tot kuns, Antieke Griekeland het ‘n blywende nalatenskap gelaat. Om Antieke Griekeland te verken, help ons om die wortels van ons moderne wêreld te verstaan en die prestasies van hierdie ongelooflike beskawing te waardeer.

Leer meer:

Wikipedia (Afrikaans, Engels), History for kids, BBC

©Wikimedia Commons https://commons.wikimedia.org/wiki/File:797_-_Ancient_Greece_Vase_-_Seamless_Pattern.jpg

Video:


3Nov2023

Hoeveel weet jy van soogdiere? Kan jy al die vrae reg antwoord?

As jy klaar al die vrae geantwoord het, vind die antwoorde heel onder.

close up photo of brown deer
Photo by Ray Bilcliff on Pexels.com

1. Is soogdiere koudbloedig of warmbloedig?

a. Warmbloedig

b. Koudbloedig

c Albei

2. Waar of onwaar: Alle soogdiere gee geboorte aan lewendige kleintjies.

a. Waar

b. Onwaar

3. Soogdiere is…

a. Karnivore

b. Herbivore

c. Omnivore

d. Al die bogenoemde

4. In watter groepe val die volgende diere? Die blou aap, orangoetang, gorillas, sjimpansees.

a. Soogdiere

b. Ape

c. Primaat

d. Al die bogenoemdes

5. Alle soogdiere… (merk almal wat waar is)

a. Drink melk as babas

b. Gee lewendig geboorte

c. Eet vleis

d. Het hare

6. Waar of onwaar: Alle soogdiere het 4 pote.

a. Waar

b. Onwaar

7. Monotremata beteken:

a. Eenvormig

b. Gee net een keer geboorte

c. Soogdiere wat eiers lê

d. Een toon soogdiere

8. Hoe versorg soogdiere hulle kleintjies?

a. Die kleintjies drink melk en leer gewoontes by die ouers, totdat hulle op hulle eie kan oorleef.

b. Hulle lê slegs eiers en los dan die kleintjies om self groot te word.

c. Hulle bou neste en voed die kleintjies met kos wat hulle versamel het.

d. Net die pa versorg die kleintjies tot hulle self kan oorleef.

9. ‘n Buidel is:

a. ‘n seer poot

b. ‘n blaasinstrument

c. ‘n sakkie aan die ma se lyf waarin ‘n babadiertjie kan bly

d. ‘n hammer

10. Soogdiere wat in water bly bly warm deur…

a. baie vinnig te swem

b. ‘n dik laag vet

c. ‘n dik laag hare

d. baie te eet

Antwoorde

  1. a
  2. b
  3. d
  4. d
  5. a
  6. b
  7. c
  8. a
  9. c
  10. b

3Nov2023

Net soos ons dinge kan opdeel in groepe van dieselfde kleure of dinge wat dieselfde vorm het, het wetenskaplikes alle lewende dinge in groepe gedeel wat soortgelyke eienskappe het. Hulle het begin deur alles wat lewendig is by mekaar te sit, daarna het hulle opgemerk dat daar diere en plante is en dit in die afsonderlike groepe geplaas. So het dit aangegaan totdat hulle tussen gewerwelde diere en ongewerwelde diere onderskei het. Gewerwelde diere kan in 5 hoof groepe opgedeel word: soogdiere, voëls, reptiele, visse, en amfibieë.

Ons leer in hierdie artikel van soogdiere.

Voorbeelde van Soogdiere

  • Mense
  • Honde
  • Katte
  • Bokke
  • Beeste
  • Muise
  • Vlêrmuise
  • Leeus
  • Jagluiperde
  • Eendbekdier
  • Miereters
  • Jakkalse
  • Kanagaroos
  • Walvisse
  • Dolfyne
  • Seeleeus/walrusse
  • Bere

Eienskappe/ kenmerke

  • Ruggrate/skelet – Alle soogdiere is gewerwelde diere. Dit beteken hulle het ‘n ruggraat en bene wat hulle lyf struktuur gee en hulle organe beskerm.
  • Warmbloedig – Alle soogdiere is warmbloedig. Dit beteken dat hulle liggaam temperatuur aan die binnekant altyd dieselfde bly ongeag hoe koud of warm dit buite hulle is.
  • Haal asem met longe – Net soos voëls en reptiele haal soogdiere ook asem met longe.
  • Hare/pels – Soogdiere se lywe is bedek met hare end it word ‘n pels genoem.
  • Pote – Soogdiere het 4 pote of 2 pote en 2 arms, behalwe walvisse en dolfyne, wie se pote vinne is.
  • Lewendig gebore – Soogdiere groei eers vir ‘n tyd lank in die wyfie of mamma se maag (in ‘n orgaan wat die baarmoeder genoem word) voordat hulle gebore word. In hierdie tyd ontwikkel hulle van ‘n klein selletjie tot ‘n baba diertjie met ‘n ruggraat, longe, pote, ore, neus, en oë. Party baba soogdiere se ogies is nog nie oop as hulle gebore word nie en meeste kry eers hare ‘n paar dae of weke na geboorte. Daar is net twee spesies soogdiere wat eiers lê (eendbekdier en mierystervark), maar die kleintjies soog (drink melk) nogsteeds, nadat hulle uitgebroei het, aan die moeder.
  • Melk – Alle soogdiere drink melk vir ‘n tyd lank nadat hulle gebore is. Die babatjies kan tussen 4 dae en 7 jaar aan die moeder soog en versorg word.

Waar kom hulle voor?

Soogdiere kom reg oor die hele aarde voor. Van die warmste woestyn tot die koue Antartika, op land en in die water.

Wat eet hulle?

Soogdiere kan karnivore, herbivore of omnivore wees. Karnivore is diere wat net vleis eet, byvoorbeeld leeus, jagluiperde en tiere. Herbivore is diere wat net plante eet, soos bokke, kameelperde, seekoeie en sebras. Omnivore is diere wat vleis en plante eet, soos bere, varke en bobbejane. Omdat soogdiere warmbloedig is en hulle liggaamstemperatuur beheer, moet hulle meer eet as koudbloedige diere soos reptiele en visse. Kleiner diertjies soos muise moet tot soveel as hulle liggaamsgewig per dag eet om warm te bly.

Verskillende soorte soogdiere

Soogdiere kan in verskillende groepe gedeel word volgens soortgelyke eienskappe wat die spesies deel.

Roofdiere is diere wat ander diere jag vir hulle kos.

Knaagdiere is diertjies wat hulle kos knaag soos muise, eekhorings en hase.

Buideldiere is diere wie se kleintjies vir ‘n tyd lank in ‘n buidel (‘n sakkie teen die maag) van die mamma dier bly totdat hulle groot genoeg is om uit te kom, soos kangaroos en koalas.

Ape of primate is soogdiere wat in bome leef, arms en bene het, en slimmer as die algemene soogdier is.

Monotremata is ‘n groep wat uit net 2 spesies bestaan: die eendbekdier en die mierystervark. Dit is die enigste soogdiere wat eiers lê.

Kan jy aan nog soogdiere dink wat eienskappe deel?

shallow focus photo of a joey
Photo by Ethan Brooke on Pexels.com

Pels

Soogdiere is die enigste diere wat hare het. Hare groei uit die vel uit en help soogdiere om warm te bly. ‘n Tweede doel vir hare is om diere te kamofleer in hulle habitat, sodat hulle nie so maklik gesien kan word nie. Kamoflering van roofdiere help hulle om ongesiens nader aan hulle prooi te beweeg, sodat hulle dit makliker kan vang. Terwyl kamoflering vir prooidiere help vir beskerming teen roofdiere. Zebra’s se streep patroon veroorsaak dikwels verwarring by roofdiere.

Soogdiere wat in die water bly het nie gewoonlik hare of ‘n pels nie, maar ‘n dik laag vet wat die hitte binne en die koue buite hou.

zebra fur
Photo by Pixabay on Pexels.com

Pote

Soogdiere het gewoonlik 4 bene waarop hulle loop of hardloop. Roofdiere het skerp naels wat kloue vorm sodat hulle hulle prooi kan vang en in bome kan klim. Perde het hoewe, terwyl bokke en beeste kloutjies het. Party diere soos die kangaroos, eekhorings, hase en sekere muise se agterbene is beter ontwikkel as hulle voorpote om mee te spring. Sommige diere soos ape en luidiere se pote is meer soos hande om dinge mee te kan vat of om aan takke vas te klou.

close up of elephants feet
Photo by Kallie Calitz on Pexels.com

Interessante feite

  • Die kleinste soogdier is die hommelbyvlêrmuis of die wittanddwergmuis wat tussen 1,2 en 2 gram weeg en kleiner as 5cm lank is.
  • Die grootste soogdier is die blouwalvis wat tussen 23m en 30,5 m lank kan word en tot 136 ton weeg.
  • Die grootste land soogdier is die olifant met ‘n hoogte van 3,6m en gewig van 5,5ton.
  • Die langste land soogdier is die kameelperd wat tot 5,7 meter lank kan word.
  • Vlêrmuise is die enigste soogdiere wat werklik kan vlieg.
  • Mense is ook soogdiere.
  • Die orangoetang soog sy kleintjie tot sewe jaar lank.
  • Meeste soogdiere het tande, maar miereters het nie tande nie.

Kan jy hierdie vrae antwoord?

of probeer hierdie een in Engels.

Videos:

Leer meer:

DKfindout

Ducksters


2Nov2023

Ons tuisskool al vir baie lank. Ons is nog nie dwarsdeur deur die hele skoolloopbaan nie, maar is reeds met al ons kinders deur die eerste jare van die “formele” skoolera in hulle lewens. Ons het al vir vele jare getuisskool voor die pandemie die wêreld omgekeer het.

Soos enige ouers het ons baie gewik en geweeg voor ons ons kinders se skool opleiding as ons eie verantwoordelikheid en ons s’n alleenlik aanvaar het. Toe my oudste gebore was het ek nie eers geweet van homeschooling nie. Ek het groot geword in ‘n tradisionel huis met tradisionele waardes as dit by skool gekom het: jy gaan kleuterskool toe, dan laerskool, dan hoërskool en dan universiteit, jy kry ‘n werk en dan eers begin jy dink aan trou en kinders kry.

Ek het eers gedink: my werk is om my kinders groot te maak sodat hulle in die wêreld kan funksioneer, terwyl geleerdheid die skool se werk is. Maar hoe meer ek van kinders (en die doel van skool) geleer het, hoe meer het ek agtergekom, dat om ‘n kind groot te maak soveel meer insluit as wat ek in die boksie wou pas.

Almal het skielik, toe sy nog so klein was, my begin vertel ons moet registreer by ‘n skool, anders gaan sy nie plek kry nie. Dit het vir my brein net glad nie sin gemaak nie.

THE PRESSURE WAS ON! En ek het nie daarvan gehou nie.

Dit was seker die eerste keer dat dinge vir my so ‘n bietjie skeef met die hele pyplyn begin voel het. Dit het so ‘n bietjie soos ‘n “wors stop geleentheid” gevoel, met geen sê nie.

Gelukkig voor ons by die “naamlyste” en “op die lys kom” deel uitgekom het, het ons getrek na ‘n kleiner plek waar die publieke skole nie só vol was nie. Sjoe, darem nog so ‘n paar jaar, of so het ek gedink… Voor sy twee was, is ons aangeraai deur ‘n kleuterskool onderwyseres, om by ‘n kleuterskool aan te sluit sodat sy “gewoond kon raak die skool idee”. Ek het langer uitgehou en toe sy 3 was haar eers ingeskryf.

Met haar in die kleuterskool 2 keer ‘n week, kon ek meer tyd spandeer saam met nommer 2. Maar die feit dat sy my nie kon vertel wat sy geleer het of ervaar het die 2 ure by die skool nie, het my ontstel. Hoe moes ek haar gereed maak vir die wêreld, as ek nie geweet het wat sy daagliks leer en ervaar nie? Ek het gedink ek oorreageer en ons het die jaar daar klaar gemaak. Die volgende jaar het ons haar ingeskryf vir graad RR by ‘n privaat skool in die dorp.

Teen die tyd het ons reeds gehoor van tuisskool en dit vaag weg begin oorweeg as ‘n opsie vir ons. Die groot struikel blok was dat ek nie geweet het wat kinders akademies behoort te leer nie. Ek was nie ‘n juffrou nie, hoe moet ek hulle leer van algebra? En chemie was my swakste vak op skool…

As deel van die toelating by die privaat skool moes ons ‘n onderhoud met die hoof hê. Dit was hierdie onderhoud wat ons op die ouend na die besluit vir tuisskool gelei het. Die hoof was vriendelik en ons het van die skool en waardes gehou. Erens in die onderhoud het ons genoem dat ons tuisskool oorweeg, maar dalk eers later, en die hoof het so terloops gesê: “Dis beter om in die jonger jare te tuisskool terwyl die werk nog maklik is.”

Oor die volgende jaar het hierdie opmerking my bygebly en ek het ernstig begin oplees oor tuisskool. Ek het daaroor begin bid en dit oorweeg as die pad voorentoe vir ons.

Alles wat ek gelees het, het aangedui dat dit ‘n leefwyse meer as ‘n skool opsie is – ek het van die idee gehou.

Dit pas by wie ons is en ons waardes. Dit weerspieël my visie en filosofie oor kinders groot maak. Dit bied ‘n unieke omgewing vir my kinders om in te ontwikkel en te groei, asook ‘n toekoms met ‘n vaste fondasie om op te bou.

Die gevolg was dat ons die volgende jaar graad R by die huis begin het. Die later grade en hoërskool sal ons aanvat wanneer ons daarkom, maar op daardie stadium kon ek haar leer van vorms en syfers en klanke, die alfabet en plus en minus sommetjies. Dit was nie perfek nie, en baie pesoonlike ideale van hoe en wat dit behoort te wees, is nie bereik nie.

Maar ‘n klomp jare met die pad af en ons was nog nie eendag spyt oor ons besluit nie. My kinders leer elke dag, of ons die dag as skool tel of nie. En ek leer saam met hulle!


30Oct2023

Hoeveel weet jy van reptiele? Kan jy al die vrae reg antwoord?

As jy klaar al die vrae geantwoord het, vind die antwoorde heel onder.

amphibian animal close up color
Photo by Pixabay on Pexels.com

1. Waaruit word reptiele se skubbe gemaak?

a. Vere

b. Keratin

c. Been

d. Marmer

2. Hoeveel verskillende spesies reptiele is daar?

a. Minder as 1000

b. Minder as 500

c. Meer as 8200

d. Meer as 6400

3. Watter een van die volgende is nie ‘n reptiel nie?

a. Padda

b. Likkewaan

c. Huisslang

d. Krokodil

4. Waar kom reptiele nie voor nie?

a. Amerika

b. Asië

c. Europa

d. Antartika

5. Watter reptiel kan ouer as 120 jaar oud word?

a. Nylkrokodil

b. Bloukopakkedis

c. Groot skilpad spesies

d. Al die bogenoemde

6. Hoe ruik slange?

a. Met hulle neus

b. Met ‘n spesiale orgaan in die binnekant van die mond

c. Met hulle tong

d. Met hulle vel

7. Hoe plant reptiele voor (hoe word hulle meer)?

a. Hulle lê eiers in die grond

b. Hulle bou neste met stokkies en blare

c. Hulle gee lewendig geboorte

d. Al die bogenoemde

8. Hoekom vervel sekere reptiele? (kies almal wat waar is)

a. Reptiele se vel kan nie rek nie

b. As hulle bang is gooi hulle hulle vel af as ‘n verdedigingsmeganisme

c. Om hulle gesond te hou

d. As die vel se skubbe af geval het

9. Waar of onwaar: Reptiele is uitstekende ouers en versorg hulle kleintjies vir lank nadat hulle uitgebroei het.

a. Waar

b. Onwaar

10. Waar of onwaar: Die kleinste reptiel is ‘n verkleurmannetjie wat kleiner as 2cm is wanneer hy volgroeid is.

a. Waar

b. Onwaar

Antwoorde

  1. b
  2. c
  3. a
  4. d
  5. c
  6. b
  7. a
  8. a, c
  9. b
  10. a

19Oct2023

Hoeveel weet jy van voëls? Kan jy al die vrae reg antwoord?

As jy klaar al die vrae geantwoord het, vind die antwoorde heel onder.

portrait photo of brown and gray bird
Photo by Jean van der Meulen on Pexels.com

1. Is voëls koudbloedig of warmbloedig?

a. Warmbloedig

b. Koudbloedig

c.  Albei

2. Waar of onwaar: Alle voëls migreer in die winter na warmer plekke.

a. Waar

b. Onwaar

3. Watter tiepe vere het voëls? (merk almal wat reg is)

a. Penvere

b. Donsvere

c. Dekvere

d. Maagvere

4. Wat is die kleinste voëltjie se naam?

a. Gewone huis mossie

b. Bykolibrie

c. Glasogie

d. Europese swael

5. Waar maak voëls neste?

a. Bome

b. Kranse

c. Riete

d. Al die bogenoemde

6. Watter een pas nie?

a. Pikkewyn

b. Swaan

c. Volstruis

d. Kiwi

7. Waar of onwaar: Voëls is die enigste diere met vere.

a. Waar

b. Onwaar

8. Hoe versorg voëls hulle kleintjies? (merk almal wat reg is)

a. Hulle lê slegs die eiers en verlaat dan die eiers en kleintjies om self groot te word.

b. Hulle bou ‘n nes en hou die baba voëltjies warm.

c. Hulle broei die eiers uit deur daarop te sit vir weke.

d. Hulle gaan haal kos en voer die kleintjies tot hulle groot genoeg is om te vlieg.

9. Watter dele van voëls is aangepas vir sy habitat, gewoontes en dieet?

a. Bek

b. Vlerke

c. Pote

d. Al die bogenoemde

10. Waaruit is ‘n voël se snawel gemaak?

a. Been

b. Hout

c. Keratin

d. Marmer

Antwoorde

  1. a
  2. b
  3. a, b, c,
  4. b
  5. d
  6. b (die swaan kan vlieg)
  7. a
  8. b, c, d
  9. d
  10. c

19Oct2023

Net soos ons dinge kan opdeel in groepe van dieselfde kleure of dinge wat dieselfde vorm het, het wetenskaplikes alle lewende dinge in groepe gedeel wat soortgelyke eienskappe het. Hulle het begin deur alles wat lewendig is by mekaar te sit, daarna het hulle opgemerk dat daar diere en plante is en dit in die afsonderlike groepe geplaas. So het dit aangegaan totdat hulle tussen gewerwelde diere en ongewerwelde diere onderskei het. Gewerwelde diere kan in 5 hoof groepe opgedeel word: soogdiere, voëls, reptiele, visse, en amfibieë.

Ons leer in hierdie artikel van voëls.

Voorbeelde van Voëls

  • Pou
  • Volstruis
  • Papagaai
  • Emo
  • Pikkewyn
  • Suikerbekkie
  • Valke
  • Arend
  • Duif
  • Vinke
  • Mossie

Eienskappe/ kenmerke

  • Ruggrate/skelet – Alle voëls is gewerwelde diere. Dit beteken hulle het ‘n ruggraat en bene wat hulle lyf struktuur gee en hulle organe beskerm.
  • Warmbloedig – Alle voëls is warmbloedig. Dit beteken dat hulle liggaam temperatuur aan die binnekant altyd dieselfde bly ongeag hoe koud of warm dit buite hulle is.
  • Haal asem met longe – Net soos soogdiere en reptiele haal voëls ook asem met longe.
  • Snawels – Voëls het nie tande nie, maar snawels.
  • Vere – Voëls se lywe is bedek met vere. Hulle is die enigste diere wat vere het.
  • Vlerke – Voëls het 2 vlerke en 2 pote, anders as meeste diere wat 4 pote het.
  • Pote – Voëls het 2 pote met 3 tot 5 tone wat aangepas is vir hulle spesifieke doeleindes en habitat.
  • Eiers en neste – Voëls vermeerder deur eiers te lê en uit te broei in neste wat hulle gebou het.

Waar kom hulle voor?

Voëls kom reg oor die hele aarde voor. Van die warmste woestyn tot die koue Antartika.

a world map made of grains and beans
Photo by Monstera Production on Pexels.com

Wat eet hulle?

Voëls kan karnivore, herbivore of omnivore wees. Meeste voëls se snawels, pote en vlerke is aangepas by dit wat hulle eet. Roofvoëls, soos arende en uile, kan hoog vlieg en het goeie sig om klein diertjies, visse of slange makliker raak te sien. Seevoëls, soos meeue en albatrosse, se vlerke en snawels is ook aangepas om vinnig en lank oor die see te sweef en vis te vang. Mossies en ander saad eters het weer kort, krom snawels om saadjies uit hulle doppies te haal. Voëls eet sade, of vrugte, of nektar, of insekte, of slange, of muise, en nog ‘n klomp ander soorte kos.

Snawels

Snawels is die harde bekke van voëls; die buitekant is gemaak uit keratin (die selfde as naels, hare en vere). Voëls het nie tande nie en hulle snawels lyk verskillend afhangend van wat hulle eet. Papagaaie het skerp, krom bekke om neute en sade te kraak, terwyl suikerbekkies lang snawels het om die nektar in die blomme by te kom; arende en roofvoëls het sterk, skerp en krom snawels sodat hulle vleis kan skeur en van bene kan aftrek, terwyl ‘n lepelaar ‘n lang, plat snawel het wat lyk soos ‘n lepel waarmee hy deur die water sif vir sy kos.

black and white vulture
Photo by Harry Lette on Pexels.com

Verskillende soorte voëls

Wetenskaplikes beweer dat daar tussen 9000 en 11000 soorte voëls in die wêreld is. Alhoewel almal van hulle dieselfde eieskappe het wat hulle voëls maak, is daar ook baie verskille tussen die verskillende spesies. ‘n Arend is nie dieselfde as ‘n suikerbekkie nie en ‘n hoender is nie dieselfde as ‘n mossie nie, maar tog bly hulle almal voëls.

Meeste voëls kan vlieg, maar ons kry ‘n groepie voëls wat nie kan vlieg nie, byvoorbeeld volstruise, die kiwi en die emu. Daar is ook voëls wat nie goed of hoog kan vlieg nie soos hoenders, en tarentale, omdat hulle lywe te swaar is.

Ons kan voëls groepeer volgens wat hulle eet of hulle gewoontes. Roofvoëls is almal voëls wat jag vir hulle kos, groot kloue vir pote het en slegs vleis eet, soos uile, arende, aasvoëls en valke. Reiers is ‘n groep voëls wat lang snawels, bene en nekke het, en baie grasieus beweeg. Pluimvoëls is voëls wat aangehou kan word om mee te boer, soos hoenders, ganse, swane, poue, en kalkoene. En watervoëls is voëls wat gewoonlik by water bly of gevind kan word.

Trekvoëls migreer in die herfs na warmer plekke en kom weer terug in die lente, gewoonlik tussen die noordelike en die suidelike halfrond. Hierdie verskynsel word migrasie genoem en omtrent 20% van voëls doen dit. ‘n Voorbeeld hiervan is die Europese swaeltjie wat tussen Suid-Afrika en Europa trek. Ganse, eende en swane is ook trekvoëls.

Kan jy dink aan nog groepe voëls?

flock of birds flying over cloudy sky
Photo by Rajukhan Pathan on Pexels.com

Vere

Vere help voëls om warm te bly, om te vlieg en om mooi te lyk. Daar is verskillende vorms van vere, elk met hulle eie werk.

  • Donsvere kom gewoonlik by baba voëltjies voor, of teen die lyf van volwasse voëls om hulle warm te hou.
  • Dekvere is die gewone vere wat die lyf bedek en die voël mooi laat lyk.
  • Penvere is sterker vere wat op die vlerke en stert voorkom en ‘n voël help om te vlieg.

Vere kan ‘n waterdigte laag vorm, dit laat voëls makliker dryf op die water en help watervoëls om droog te bly onder water of om vinniger droog te word. Laaste gebruik mannetjie voëls soos die pou ook sy vere om die wyfie se aandag te trek. In die diereryk is dit die mannetjies wat hulleself mooi maak en die wyfies is gewoonlik valer van gestalte.

close up of white feather
Photo by NSU MON on Pexels.com

Vlerke

Voëls gebruik vlerke hoofsaaklik vir vlieg, maar ook vir ander dinge soos om hulle self te beskerm teen gevaar. Het jy al ooit gesien dat ‘n voël sy vlerke groot oopmaak en skree sonder om te vlieg? Hy probeer om homself so groot as moontlik te laat lyk, sodat sy aanvaller sal weg beweeg.

Voëls se vlerk vorm is spesifiek ontwerp sodat hulle in die lug kan bly wanneer hulle vlieg. Die vorm van die vlerk druk die lug af en die voël op, net soos ‘n vliegtuig se vlerke. Elke spesie se vlerkvorms is aangepas by die manier waarop die voël vlieg. Die albatross het lang vlerke wat hom help om vir lang tye te sweef oor die see, en so min as moontlik energie te gebruik terwyl hy/sy in die lug is. Terwyl die suikerbekkie se vlerke weer so gevorm is dat hulle maklik op een plek kan bly, deur die vlerke baie vining te beweeg. Hulle kan selfs agtertoe beweeg.

Hoe ligter die voël is hoe makliker kan hy vlieg, daarom is voëls se grootste bene hol aan die binnekant. Die spiere van die bors af na die vlerke toe, is baie sterk om die vlerke te ondersteun wanneer die voël vlieg.

Pote

Meeste voëls het 2 tot 4 tone aan elke poot wat vorentoe wys en een wat agter toe wys. Die bene is bedek met vere aan die bokant en ‘n skubberige vel aan die onderkant.

Papagaaie en houtkappers het twee tone wat voorentoe wys en twee wat agtertoe wys sodat hulle gemakliker in bome kan rond klouter. Reiers en flaminke het lang bene en tone, sodat hulle in water kan loop en kos soek sonder om in die modder weg te sak. Eende het kort bene met webbe tussen hulle tone, sodat hulle makliker kan swem. Arende en roofvoëls het skerp naels en sterk tone wat kloue vorm sodat hulle hulle prooi kan vang.

Eiers en neste

Anders as reptiele het voëleiers harde doppe en die ouer broei die eiers uit en versorg die kleintjies totdat hulle volwasse genoeg is om op hulle eie te lewe. Party voëls is meesters as dit by nesbou kom. Dink maar aan ‘n vink se nessie wat slegs aan ‘n takkie hang. Verskillende voëls gebruik verskillende materiaal vir hulle neste: gras, stokkies, spoeg, vere, modder, mos en selfs spinnekopwebbe vir sekere suikerbekkies. Het jy al probeer om ‘n nessie te weef? Dit is baie moeiliker as wat voëltjies dit laat lyk.

tilt shift photo of two white bird eggs on a nest
Photo by Mauriciooliveira109 on Pexels.com

Interessante feite

  • Die kleinste soort voël is ‘n bykolibrie en word net ongeveer 5,5cm lank.
  • Die grootste voël is die volstruis wat ongeveer 2,5 meter lank word.
  • Die voël met die langste vlerkspan is die grootmalmok met ‘n vlerkspan van ongeveer 3 meter.
  • Suikerbekkies is die enigste voëls wat agteruit kan vlieg.
  • Die studie van voëls word ornitologie genoem en ‘n ornitoloog is ‘n voëlkenner.
  • Voëls het hol bene om hulle ligter te maak sodat hulle makliker kan vlieg.
  • Party voëlspesies is slim genoeg om gereedskap te maak en te gebruik, bv. kraaie.
  • Sekere duiwe kan boodskappe van een punt na ‘n ander neem en is al in oorloë gebruik om boodskappe te stuur.
  • Sekere albatrosse kan vir maande aan een oor die see vlieg, en hulle slaap terwyl hulle vlieg.
  • Die koekoek voël bou nie sy eie nes nie, maar lê haar eiers in ‘n ander voël se nes en laat daardie voël die kleintjies grootmaak.

Kan jy hierdie vrae antwoord?

of probeer hierdie een in Engels.

Videos:

Kyk na hierdie lys van videos om oor verskillende voëls te leer:

Bronne en leer meer:

DK findout

Ducksters

Wikipedia

Science Kids


18Oct2023

Druk hier om af te spring na die Afrikaanse artikel onder.

Making a mess to explore science.

Solid: something that doesn’t change shape by itself. Rocks, ice, wood, metal, clay, etc.

Liquid: a substance that takes the container’s form, in which it is. Water, syrup, petrol, etc.

What is it?

Oobleck is a non-newtonian fluid. It looks like a liquid when we let it be, but when force is applied it looks and acts like a solid. The secret to this madness lies in the shape of the cornstarch particles. It is long and it doesn’t dissolve in the liquid, but simply hangs in it. When you slowly move it, the particles simply move next to each other. But when you move it quickly it gets stuck.

Learn more about it here.

How to make oobleck:

Ingredients: cornstarch and water

(Optional you can add colouring)

Method:

Add about 1/2 cup cornstarch to a bowl. Add a little bit of water at a time to the the cornstarch to make a thick batter. If you add too much water it will not act as a newtonian fluid. You can always add more water or more cornstarch to get the desired thickness.

Enjoy and explore!

Afrikaans:

Ontdek oobleck

Ons maak ‘n gemors om wetenskap te verken!

Vastestof: iets wat nie vanself vorm verander nie. Rotse, ys, hout, metaal, klei, ens.

Vloeistof: ‘n stof wat die houer, waarin dit is, se vorm aanneem. Water, stroop, petrol, ens.

Wat is dit?

Oobleck is ‘n nie-Newtoniese vloeistof. Dit lyk soos ‘n vloeistof wanneer ons dit los, maar wanneer ons krag toe pas, lyk en tree dit op soos ‘n vastestof. Die geheim lê in die vorm van die mielieblomdeeltjies. Dit is lank en dit los nie in die vloeistof/water op nie, maar hang eenvoudig daarin. Wanneer jy dit stadig beweeg, beweeg die deeltjies langs mekaar verby, maar as jy dit vinnig beweeg, sit dit vas in mekaar.

Leer meer van oobleck hier.

Hoe om oobleck te maak:

Bestanddele: mielieblom en water

(Opsioneel, jy kan kleursel byvoeg)

Metode:

Voeg ongeveer 1/2 koppie mielieblom in ‘n bak. Voeg ‘n bietjie water op ‘n slag by die mielieblom om ‘n dik beslag te maak. As jy te veel water byvoeg, sal dit nie as ‘n newtoniese vloeistof optree nie. Jy kan altyd meer water of meer mieliestysel byvoeg om die verlangde dikte te kry.

Lekker speel en ontdek!

‘n Laaste idee:

Wanneer jy klaar met die oobleck gespeel het, sprei dit oop op ‘n bord of skinkbord. Sit dit in die son en laat dit droog word (die water sal verdamp). Breek die harde stukkies op tot dit weer ‘n meel is. Doen weer die eksperiment en kyk of dit nog dieselfde werk of maak ‘n tipe ‘air-dry’ klei deur ‘n bietjie witgom/houtlym in te meng tot dit voel soos klei. (Hier is ‘n resep vir ‘air-dry’ klei.)


11Oct2023

Net soos ons dinge kan opdeel in groepe van dieselfde kleure of dinge wat dieselfde vorm het, het wetenskaplikes alle lewende dinge in groepe gedeel wat soortgelyke eienskappe het. Hulle het begin deur alles wat lewendig is by mekaar te sit, daarna het hulle opgemerk dat daar diere en plante is en dit in die afsonderlike groepe geplaas. So het dit aangegaan totdat hulle tussen gewerwelde diere en ongewerwelde diere onderskei het. Ongewerwelde diere kan onderskei word in 35 groepe/stamme. ‘n Paar van die groepe is: insekte, arachnidas, skaaldiere, weekdiere, en veelpotiges.

Ons leer in hierdie artikel van insekte.

Voorbeelde van Insekte

Miere

Bye

Vlieë

Perdebye/wespes

Bidsprinkaan

Sprinkaan

Krieke

Besies

Muskiete

Vlinders

Motte

Naaldekokers

Vlooie

Eienskappe/ kenmerke

  • Ongewerweld – insekte het nie ‘n geraamte soos gewerwelde diere en mense nie, hulle ‘geraamte’ is buite om hulle lyf, soos ‘n dop, om hulle te beskerm en word ‘n eksoskelet genoem. Omdat hulle nie ‘n werwelkolom het nie, word hulle ongewerweldes genoem.
  • Geleedpotig – Alle insekte is geleedpotig dit beteken hulle pote is in deeltjies gedeel wat dit makliker maak om te beweeg. Ander groepe wat ook geleedpotig is, is arachnidas, en skaaldiere (krappe en krewe).
  • Elke insek se lyf bestaan uit drie dele: die kop bevat die mond, oë en voelers; die bolyf huisves die 6 pote en vlerke; en die agterlyf.
  • Elke insek het 6 pote.  
  • Voelers – Insekte gebruik voelers om hulle omgewing te verken. Miere kan nie goed sien nie, maar hulle verken hulle omgewing baie goed deur alles met hulle voelers te bevoel en kan ook met hulle voelers ruik.
  • Insekte het meer as twee oë. Die twee groot oë wat mens maklik kan sien is saamgestelde oë en bestaan uit duisende klein lense wat die insek help om beweging makliker te kan sien. Verder het hulle ook klein eenvoudige ogies in die middel van hulle kop wat oselli genoem word.
  • Party het vlerke en kan vlieg. Die insekte wat vlerke het, het gewoonlik 2 pare vlerke, party keer is een stel van die vlerke vervom, byvoorbeeld by besies is die boonste vlerke harde doppies wat die sagter vlieg vlerke beskerm.
  • Insekte broei uit eiers uit en die kleintjie lyk nie gewoonlik soos die volwasse insek nie. Vlinders en motte broei uit as wurmpies, naaldekokers en musiekte broei uit as larwes wat in die water bly. Meest insekte lê honderde eiers op ‘n slag.
  • Alle insekte ondergaan metamorfose of stadiums van verandering. Dit beteken ‘n verandering van hoe hulle eers gelyk het tot die volwasse insek. Byvoorbeeld ‘n vlinder begin as ‘n wurm, spin hulle self toe met sy in ‘n papie en kom uit na ‘n paar dae of weke  as ‘n volwasse vlinder. Die stadiums waar deur die verskillende insekte gaan is verskillend van spesie tot spesie.

Waar kom hulle voor?

Insekte kom voor oor die hele wêreld, van droë woestynagtige areas tot klam reënwoude. Amper al die insekte bly op die land, alhoewel van hulle water benodig om hulle lewenssiklus te voltooi. Meeste insekte bly in tropiese klimaat areas.

Wat eet hulle?

Insekte het ‘n wye verskeidenheid van voedsel. Party eet plante, soos blomme en blare of plantsappe, terwyl ander karnivore is en ander nsekte eet. Insekte soos miere en vlieë eet selfs mense se kos.

Interessante feite

  • Entomologie beteken die studie van insekte en ‘n entomoloog is iemand wat insekte bestudeer.
  • Daar is baie meer insekte as mense in die wêreld. As mens dit moet skat kan elke mens 2000 of meer insekte hê.
  • Hulle kan so klein wees dat mens hulle nie kan sien nie tot so groot soos ‘n bord.
  • Insekte gebruik hulle voelers om die wêreld om hulle te voel en te beruik.
  • Meeste insekte lewe nie baie lank nie, die werker bye word net ‘n paar weke oud, terwyl die koningin by ‘n paar jaar oud kan word.
  • Insekte het baie eenvoudige breine en kan nie moeilike raaisels uit redeneer nie.
  • Insekte kan verder in verskillende groepe gedeel word volgens soortgelyke eienskappe, byvoorbeeld: miere, bye en wespes is saam in ‘n groep, besies en kewers is saam in ‘n groep en motte en vlinders vorm saam ‘n groep. Die grootste groep van insekte is die besies (beetles).

Videos:

Leer meer oor insekte:

Leer meer:

https://kids.kiddle.co/Insect

https://www.dkfindout.com/us/animals-and-nature/insects/

https://www.ducksters.com/animals/bugs.php

https://af.wikipedia.org/wiki/Insek

Kan jy die vrae antwoord?

Ons vasvrae in Afrikaans of probeer hierdie in Engels.