Posts Tagged "Leer meer"

4Apr2025

The world of personal finance can be daunting, even for adults, yet it is something most of us have conquered somewhere in our lives. The task of setting one’s kids up with the essential knowledge and skills they need to step out into the world, can leave one with an overwhelming feeling.

Below is a list of resources I found while developing the compulsory personal finance course for my high schoolers. (Once it’s been tested, I may make it available for purchase in our shop. Keep an eye out for it!) The list is organised by age group.

Do you have any go-to resources for teaching personal finance? We’d love to hear about them! Share in the comments below or send us an email through the ‘Contact’ section, and help us grow this list!

Finance in the Classroom – Activities by grade

Banzai – Gamified personal finance supplement

Financial Literacy for Kids – Lessons, Worksheets and Activities

Banzi – Gamified personal finance supplement

Budget Game for teens

Finance in the Classroom – Videos by topics

Con’em if you can – Learn how to spot and avoid investment fraud

Banzai – Gamified personal finance supplement

InCharge – Financial literacy 14 lesson plans for high school students

Check back later to see if the list has been an updated…


27Mar2025

Ons fokus hierdie jaar op aardwetenskappe in ons “wetenskap-klas”. Nadat ons geleer het van die aarde se ontwerp, of hoe hulle vermoed die aarde aanmekaar gesit is, het ons geleer van vulkane, klippe, berge en grotte. Ons het ook geleer van kristalle, soos diamante, edelgesteentes en kwarts, wat vorm uit oplossings van minerale. Kristalle vorm baie keer in die grond, klippe en holtes. Ons het dan ook hierdie eksperiment gedoen, om te observeer hoe kristale vorm.

Epsom salt Crystals by HappyDooDa.co.za
Epsom salt Crystals by HappyDooDa.co.za

Benodighede:

  • 1/2 koppie baie warm water
  • 1/2 koppie (plus nog) Engelse sout
  • voedsel kleursel
  • skoon gewaste eierdoppe
  • witgom
  • houertjies om dit in te laat staan

Metode:

  1. Berei die eierdoppe voor: Kristalle het iets nodig om op te groei. Was en laat die eierdoppe droog word. Smeer ‘n dun lagie witgom binne die eierdoppe en sprinkel dit met die Engelse soutkorreltjies. Laat dit droog word.
  2. Berei die groeimiddel voor: Maak ‘n versadige oplossing met die water en Engelse sout. (‘n Versadige oplossing vorm wanneer daar nie meer sout in die water kan oplos nie. Kookwater kan meer sout in neem as wat koue water kan.) Hou aan om bietjies-bietjies sout in die water te gooi en te roer, totdat die sout nie meer wil oplos nie.
  3. Deel die oplossing in verskillende glasies of houertjies en voeg ‘n paar druppels voedselkleursel by elkeen.
  4. Sit versigtig die halwe eierdoppe in die oplossing en maak seker dis heeltemal onder die water. Kristalle kan net groei waar die oplossing is.
  5. Skuif die houertjies na ‘n plek waar dit nie in die pad sal wees nie en laat dit ‘n paar ure tot dae staan. Gaan kyk gereeld hoe jou kristalle groei. Ons het opgemerk dat party ‘n lagie kristalle op die oppervlakte van die oplossing gekry het. Ons het die bo-lagie gebreek sodat ons die kristalle binne kon uithaal.

Na ‘n paar dae het ons die eierdoppe uitgehaal en dit laat droog word. Ons het opgemerk:

  • Die eierdoppe het meeste van die voedselkleursel opgetrek en was nou die kleur van die oplossing waarin dit was.
  • Sommige kristalle ‘n bietjie witter geword nadat dit droog geword het.

Kyk gerus na die kristalle onder ‘n mikroskoop of met ‘n vergrootglas. Kristalle kan verskillende vorms hê. Probeer gerus oplossings van verskillende soorte: bv. tafelsout, suiker, borax, aluin (aluminiumkaliumsulfaat) of kopersulfaat.

Leer meer:


6Nov2024

Welkom by die fassinerende wêreld van Antieke China! ‘n Land vol hoë berge, vloeiende riviere en besige stede wat wemel. Antieke China is een van die oudste beskawings ter wêreld, met ‘n geskiedenis wat meer as 5 000 jaar terug dateer! Van die Groot Muur wat oor die landskap strek tot ongelooflike uitvindings soos papier, vuurwerke en selfs die kompas – Antieke China is vol wonderlike stories wat wag om ontdek te word. Het jy al ooit gewonder hoe mense geleef het, wat hulle geglo het, of oor die fassinerende dinastieë wat geheers het?

[…]

20Oct2024

Alle slakke is weekdiere, dit beteken hulle is sagte diertjies wat nie ‘n ruggraat of bene in hulle lywe het nie. Verder het weekdiere baie keer ‘n dop of skulp, maar nie altyd nie, en hulle bly in vogtige plekke soos die see, damme, mere of tuine. Ander weekdiere is mossels, oesters, seekatte, en inkvisse.

[…]