Posts Tagged "gids"

20Jun2023

Ek word gereeld gevra deur mamma’s: “watter hulpmiddels hulle kan gebruik vir hulle voorskoolse kinders?” of “Wat behoort hulle kinders te leer?”

Met “voorskoolse kind” word bedoel die kind van 0-5 jaar.
Graad R is gewoonlik die jaar waarin die kind 6 jaar oud word, dis die jaar waarin daar gereed gemaak word vir skool.
Graad 1 is gewoonlik die jaar waarin die kind 7 jaar oud word.

Daar is baie idees oor wat ‘n voorskoolse kind behoort te leer, en ek het my eie ook. Persoonlik, dink ek dit is beter as ‘n jong kind leer deur speel. As iets nie vir ‘n kind lekker is nie, leer hulle ook nie so goed nie, en kan daar onnodig negatiewe denk paadjies gevorm word in verband met “skool”.

Met my eie kinders het ek seker gemaak dat hulle, teen die tyd dat hulle Graad R ouderdom bereik het, die volgende akademiese konsepte onder die knie gehad het:

Nommers of syfers

Volg gerus die boonste skakels na die produkte wat ek opgestel en gebruik het spesifiek vir my jongste. En hier onder is die skakel na die buitelyne program wat ek opgestel het vir my 2de laaste kind. Die boonste 3 programme pas in die onderste een in en kan saam gebruik word.

Die Voorskool Gids is net ‘n buitelyn gids om ouers ‘n idee te gee waaraan om aandag te gee in die voorskool jare. Dit is meestal gerig op die graad RR jaar, om seker te maak dat die basiese ‘skool’ konsepte gelê is waarop in die graad R jaar gebou word.

Dit bestaan uit 30 weke waarin 10 kleure, 10 syfers, 9 vorms en ‘My naam’ as die hoof fokus items gelys word. Elke week het die volgende op die bladsy:

  • die hoof fokus item vir die week
  • ‘n konsep,
  • ‘n karaktereienskap,
  • ‘n Bybelstorie en
  • ‘n Bybelvers om te memoriseer

Verder in die voorskool jare het ons lekker gespeel en die grootmotories en kleinmotoriese vaardighede geoefen sonder dat hulle dit agtergekom het. Ons het gereeld ons eie klei en “moonsand” gemaak. Ons het met borrels gespeel, met rys, sand en lensies prentjies gemaak. Ons het mielie- en boontjiepitte getel en geplant. Ons het reënboë in die tuin gemaak, en geleer watter goed dryf of sink. Ons het geverf en geteken en ingekleur, gespoeg en geplak. En teepartytjies gehou…

‘n Voorskoolse kind, in my opinie, behoort te leer van onvoorwaardelike liefde en van hulle Skepper, wie hulle self is en van die aarde waarop hulle bly. Hullle moet leer van reg en verkeerd, van goed en sleg, en hulle moet die geleentheid gegun word om hulleself en die wêreld om hulle te ontdek sonder vrees.

Plaas altyd jou verhouding met jou kind bo die werk wat hy/sy behoort te leer. Ons werk as ouer en opvoeder is om vir hulle dit makliker te maak, nie om hulle moedeloos te maak nie. Die werk sal weldra geleer word, maar wat hy/sy gaan onthou is hoe jy hulle laat voel het.

Geniet die jare saam met jou voorskoolse kind. Ontspan. Leer self weer om stil te staan, te speel, en te ontdek.

Om kleintjies groot te maak, moet grotes klein word…