HDD Voorskool Gids

R250.00

Hierdie gids is ‘n samestelling van werk wat jy alles kan deurwerk met jou voorskoolse leerder. Dit gee die ruggraat waar om jy jou eie aktiwiteite kan saamstel om ‘n leersame en genotvolle voorskool jaar vir jou leerder by die huis te gee.

Hierdie produk is in Afrikaans.

Hierdie produk is slegs beskikbaar as ‘n digitale produk om afgelaai te word.

No refunds will be issued on digital products.

Description

Hierdie is ‘n 30 weke gids. Elke week het 1 bladsy waarop die week se

  • fokus item,
  • ‘n konsep,
  • ‘n karaktereienskap,
  • ‘n Bybelstorie en
  • ‘n Bybelvers om te memoriseer, gelys is.

Gebruik die bladsy om beplanning te doen van die aktiwiteite vir die week as ook om enige vordering of notas ten opsigte van jou leerder neer te skryf, bv. konsepte of items waarin meer hulp/werk nodig is. En as ‘n bonus is daar ook ‘n evaluerings vorm.

Hierdie gids is nie ‘n handboek met klaar uitgewerkte daaglikse lesse en werkskaarte nie. Dit is vir die eklektiese tuisskool mamma wat graag self wil besluit hoe sy haar kinders leer.

Die hoof fokus items sluit in 10 kleure, 10 syfers, 9 vorms en ‘My Naam’. Die weke is nie genommer nie en julle kan kies in watter volgorde julle wil leer.