Veels Geluk! Verjaarsdae oor die Wêreld

  • Home
  • Veels Geluk! Verjaarsdae oor die Wêreld

Veels Geluk! Verjaarsdae oor die Wêreld

Daar is regtig baie interessante en unieke verjaarsdagtradisies wat reg oor die wêreld gevier word. Elke kultuur het sy eie manier om ‘n kind se verjaarsdag spesiaal te maak – soms met koeke, speletjies of selfs met ‘n simboliese seremonie. Hier is ‘n paar voorbeelde van verskillende lande:

🇿🇦 Suid-Afrika

Hier in ons eie land is baie verskillende kulture en elke kultuur het sy eie tradisies, maar dit is algemeen dat kinders ‘n partytjie hou met koek, kersies en geskenke. Party hou van tema-partytjies met ‘n bypassende koek, terwyl ander weer daarvan hou om groot ballonne in die verjaarsdag maatjie se ouderdom te koop, mooi aan te trek, te dans en baie foto’s te neem. Maar almal hou van lekker ee ten fees vier!

🇯🇵 Japan

In Japan vier hulle Shichi-Go-San (7-5-3) wanneer seuns 3 en 5 jaar oud word en dogters 3 en 7 jaar oud word. Dit is nie ‘n gewone verjaarsdag nie, maar ‘n spesiale viering waar die kinders tradisionele kleredrag (soos kimono’s) dra en hulle saam met hulle ouers ‘n heiligdom besoek om te bid vir gesondheid en groei.

🇲🇽 Meksiko

Die piñata is ‘n bekende deel van kinderpartytjies in Meksiko. Dit is ‘n kleurvolle karton houer (dikwels in die vorm van ‘n dier) gevul met lekkergoed en speelgoed. Kinders kry beurte om dit met ‘n stok te slaan totdat dit breek. Hulle sing ook ‘n spesiale verjaarsdaglied genaamd “Las Mañanitas”. Hier is die engelse weergawe van die liedjie:

🇩🇪 Duitsland

Wanneer kinders in Duitsland verjaar kry hulle ‘n “Geburtstagsthron” of ‘n verjaarsdagtroon. Dis ‘n stoel wat spesiaal versier word, partykeer met ballonne en ander versierings en die verjaarsdagmaatjie sit vir die dag op die spesiale troon. Kyk hoe lyk die troon hier en hier. En verder kom die tradisie om kersies op mens se koek te blaas, blykbaar van Duitsland af.

🇨🇳 Sjina

In Sjina eet kinders op hul verjaardag lang noedels (longevity noodles) dit simboliseer ‘n lang lewe. Kyk onder na ‘n video oor die lang noedels. In sommige streke word die eerste verjaardag baie belangrik geag en word gevier met ‘n Zhuazhou-seremonie.

🇰🇷 Suid-Korea

Soos in China, is die eerste verjaarsdag (Dol or Doljanchi) ‘n groot gebeurtenis. Die kind dra tradisionele klere (hanbok) en vriende en familie kom vier ‘n “dol-jabi” seremonie saam. In die seremonie kies die baba ‘n voorwerp uit ‘n stel items – elke voorwerp het ’n simboliese betekenis (soos geld vir rykdom of ‘n boek vir wysheid).

🇷🇺 Rusland

In Rusland kry kinders ‘n spesiale verjaarsdagkoek en geskenke, soos in baie Westerse lande. Dan is daar ook die tradisie dat die kind wie verjaar aan die ore getrek word – een keer vir elke jaar, plus een vir geluk!

🇮🇳 Indië

In baie dele van Indië dra die verjaarsdagkind nuwe of tradisionele klere, en besoek saam met hul ouers ‘n tempel vir seëninge. Sommige kinders neem lekkernye skool toe om met hul klasmaats te deel. Die verjaardagkoek en partytjie is ‘n mengsel van Westerse invloed en plaaslike gewoontes.

🇺🇸 Verenigde State

In Amerika sluit verjaarsdae vir kinders gewoonlik ‘n partytjie in, daar is ‘n koek met kersies, en hulle sing die bekende “Happy Birthday to You”-liedjie. Soms het kinders temapartytjies.

🇦🇺 Australië

In Australië eet die verjaarsdagmaatjie ‘n spesiale gereg: driehoekige broodjies met botter en baie 100’s & 1000’s op.

Ek hoop julle vier jou verjaarsdag sommer op ‘n baie spesiale en unieke manier!

Leer meer oor verjaarsdae oor die wêreld:

Lees hier meer oor verjaarsdagvieringe: hier en hier.

Welcome to HappyDooDa!

Contact Info.

info@happydooda.co.za

Quick Links.

© 2025 HappyDooDa