HDD Notaboek Bladsye – Europa

R100.00

Gebruik die HDD Notaboek Bladsye – Europa vir ‘n studie oor die kontinent Europa en vir ‘n studie oor verskeie lande in die kontinent.

Hierdie produk is in Afrikaans vir leerders van 7-14 jaar.

Hierdie produk is slegs beskikbaar as ‘n digitale produk om afgelaai te word.

Description

Hierdie bladsye kan gebruik word om neer te skryf wat julle geleer het oor Europa en verskeie lande.

Die notaboek bladsye is opgedeel in 2 dele. Die eerste is vir ‘n studie oor die kontinent. Die tweede kan veelvoudig uitgedruk word vir elke studie oor ‘n land in Europa.

Ingesluit in die notaboek bladsye:

  • Algemene inligting en interessante feite
  • Geskiedenis tydlyn
  • 2x landskap bladsye
  • Fauna
  • Flora
  • Klimaat en klimaatstreke
  • Bedrywe, minerale en natuurlike hulpbronne
  • 3x bladsye oor ‘n land in Europa

Vind ook skakels na inligting oor Europa en 9 individuele lande in Europa. Asook idees vir aktiwiteite om te doen, uitstappies en flieks om te kyk (of boeke om te lees).