HDD Aardrykskunde Gids 3 – Afrika, Oseanië en Suid-Amerika

R200.00

Gebruik die HDD Aardrykskunde Gids 3 om ‘n jaar se aardrykskunde saam te stel volgens julle behoeftes oor Afrika, Oseanië en Suid-Amerika.

Hierdie produk is in Afrikaans vir leerders van 8-15 jaar.

Hierdie produk is slegs beskikbaar as ‘n digitale produk om afgelaai te word.

No refunds will be issued on digital products.

Description

Hierdie 30 weke gids is ‘n samestelling van die aardrykskunde van Afrika, Oseanië en Suid-Amerika wat leerders kan leer in die laerskool. Dit bied spasie vir lesbeplanning, bronne en projekte/aktiwiteite.

Hierdie gids is nie ‘n handboek met klaar uitgewerkte daaglikse werk en werkskaarte nie. Dit is vir die eklektiese tuisskool mamma wat graag self wil besluit wat en hoe sy haar kinders leer.

Die Aardrykskunde Gidse is saamgestel om vir jou ‘n oorsig te gee van al die aardrykskunde wat in die laerskool en vroeë hoërskool jare gedoen kan word. In hierdie gids kyk ons na die aardrykskunde van Afrika, Oseanië en Suid-Amerika soos die klimaat, bedrywe, lande, kulture, ens.

Elke gids is saamgestel vir een jaar, met die werk wat in 30 weke ingedeel is. As daar meer weke in julle skool jaar is, kan julle hersiening van die konsepte tussen die ander weke of na die afloop van die 30 weke inwerk.

Al die gidse in die reeks:

  • Jaar 1 – Algemene aardrykskundige konsepte
  • Jaar 2 – Aardrykskunde van Suid-Afrika
  • Jaar 3 – Aardrykskunde van Afrika, Oseanië en Suid-Amerika
  • Jaar 4 – Aardrykskunde van Europa, Asië en Noord-Amerika
  • Jaar 5 – Aardrykskunde van Antartika, Australië en verskeie eilande

Ons stel voor dat julle met aardrykskunde begin wanneer die leerder in die omgewing van 9-11 jaar is, en dat julle met die Algemene Aardrykskundige Konsepte gids/Jaar 1 begin. Daarna kan julle tussen die verskillende gidse kies soos die leerder(s) belangstelling toon.