Waar kom ons water vandaan? Ons gebruik almal elke dag water. Van kosmaak tot fabrieke het ons almal water nodig. Daarsonder kan ons nie lewe nie. Kom ons leer van die hidrosfeer!










🌊 Wat beteken “Hidrosfeer”?
Die woord hidrosfeer kom van twee Griekse woorde:
Met ander woorde, direk vertaal is dit water binne ‘n bal.
💦 Wat is in die Hidrosfeer?
Die hidrosfeer sluit al die water op die aarde in: dit wat op, onder en bo die oppervlak van die aarde is. Dit sluit ook water in elke vorm in – vloeistof, gas en vastestof. Dit beteken:
Water op die aarde beweeg voortdurend rond in ’n spesiale reis genaamd die waterkringloop. Hier is ‘n vinnige hersiening van die proses:
Die water kringloop is deel van die hidrosfeer.
Die oseane is die grootste deel van die hidrosfeer! Dit bedek ongeveer 70% van die Aarde se oppervlak. Dit is ‘n belangrike deel van ons lewens, selfs al bly jy ver van die see af, want dit help om die Aarde se temperatuur te beheer, is vol lewe (diere en plante), maak ‘n groot hoeveelheid van die aarde se suurstof en dit gee vir ons water vir reën. Dit is die tuiste van walvisse, visse, seeskilpaaie en nog meer. Baie mense se kos kom uit die oseane, en ons gebruik dit ook vir skeepsvervoer van goedere reg oor die wêreld.
❄️ Die Bevrore Deel – Ys en Sneeu
Bevrore beteken gevries. Sommige dele van die hidrosfeer is bevrore, soos gletsers, ysberge, en die pool-ysvelde. Hierdie bevrore water word die kriosfeer genoem (nog ’n groot woord!). Dit berg die meeste van die Aarde se vars water en help om ons planeet koel te hou. Op baie hoë berge kan ons ook sneeu sien. Hier in Afrika is dit te warm en die berge is nie so hoog nie, maar in die Noordelike-halfrond in plekke soos Asië en Europa (byvoorbeeld op die bergeekse van die Himalayas en die Alpe) is daar heel jaar ys en sneeu op die hoogste pieke van die berge.
Ons het die hidrosfeer nodig vir baie belangrike redes:
Sonder die hidrosfeer sou daar geen lewe op Aarde wees nie!
Omdat die Hidrosfeer ‘n baie belangrike hulpbron vir ons mense en diere is moet ons die hidrosfeer oppas. Ongelukkig het die hidrosfeer baie probleme:
Hierdie gevare maak die water vuil en benadeel lewende dinge wat dit benodig.
Ons almal kan help om die hidrosfeer te beskerm. Hier is hoe:
Elke klein dingetjie wat jy doen kan help om ons planeet gesond te hou!
Die hidrosfeer is ’n wonderlike en belangrike deel van ons wêreld. Dit gee vir ons water om te drink, plekke om te swem, en huise vir seediere. Deur daarvan te leer en dit te beskerm, help ons om die aarde mooi en gesond te hou vir nou en vir die toekoms.
Leer meer
Lees oor die hidrosfeer.
Read about the hydrosphere.
Kyk die video:
Kan jy hierdie vrae antwoord?