Vandag ontdek ons die antieke wêreld van die Inkas, een van die groot antieke beskawings in die geskiedenis van Suid-Amerika.



Wie, wat en waar?
Die antieke Inkas het in Suid-Amerika gewoon, hoofsaaklik in die streek wat ons nou as Peru ken. Hulle het floreer vanaf die vroeë 1400’s tot die Spaanse verowering in die 1530’s. Al het die Inka-ryk eers teen 1200nC ontstaan, was daar reeds mense wat in die berge van Peru geleef het van so vroeg as 1200vC. Die Inka-ryk het oor ‘n groot gebied gestrek en dele van wat nou Ecuador, Bolivia, Chili en Argentinië is, gedek. Stel jou ‘n plek voor wat vol hoë berge en uitgestrekte landskappe is; dis waar die Inkas gebly het!
Sleutelidentifiseerders van die Inkas
Die Inkas was bekend as meesterbouers en boere. Hulle het indrukwekkende strukture geskep soos Machu Picchu, wat as ‘n koninklike landgoed gedien het en vandag steeds een van die bekendste argeologiese terreine is. Die Inkas was ook bekend vir hul terrasboerdery, wat hulle toegelaat het om gewasse op die steil hange van die Andes-berge te verbou. Hierdie terrasse het gehelp om gronderosie te voorkom en het boerdery meer produktief gemaak.
Regering en Samelewing
Die Inka-ryk is regeer deur ‘n koning, bekend as die ‘Sapa Inca’, wat glo ‘n afstammeling van die songod Inti was. Die Sapa Inca het absolute mag gehad en is as ‘n politieke leier en ‘n goddelike figuur beskou. Die Inkas het hul samelewing goed georganiseer, met doeltreffende werksverdelings en ‘n sterk gevoel van gemeenskap gebou. Hulle het ‘n hiërargie gehad wat edeles, gewone mense en ‘n groot arbeidsmag ingesluit het, dit het gehelp om hul ryk te bou en orde te handhaaf.
Geloof en mitologie
Die Inkas het ‘n ryk geloofstelsel gehad wat gevul was met gode en godinne. Hulle het baie gode aanbid, maar Inti, die songod, was die belangrikste god. Die Inkas het geglo dat die son warmte en lig verskaf, wat noodsaaklik was vir boerdery. Ander belangrike gode sluit in Pachamama, die aardgodin, wat vir haar rol in die landbou vereer is.
Godsdienstige seremonies en feeste was algemeen, en dit het dikwels offers aan die gode behels, insluitend kos, tekstiele (material) en in sommige gevalle selfs diere-offers. Hulle het geglo dat hierdie rituele noodsaaklik was om goeie oeste te verseker en harmonie met die natuur te handhaaf.
Skryf en Kommunikasie
Interessant genoeg het die Inkas nie ‘n skryftaal gehad soos ons vandag het nie. In plaas daarvan het hulle ‘n unieke stelsel genaamd ‘quipu’ gebruik. Dit was ‘n stelsel wat uit kleurvolle toutjies met knope daarin bestaan het. Elke knoop en die kleur van die toutjie het verskillende numeriese waardes of inligting verteenwoordig. ‘Quipu’ is gebruik vir rekordhouding, soos om oeste te tel, gebeure dop te hou en die ekonomie te bestuur. Alhoewel ons nie alle aspekte van ‘quipu’ vandag verstaan nie, was dit ‘n noodsaaklike manier vir die Inkas om in hul groot ryk te kommunikeer en dit te bestuur.
Tegnologie en innovasies
Die Inkas was gevorderd op baie gebiede. Hulle het indrukwekkende landboutegnieke ontwikkel, insluitend die gebruik van besproeiingstelsels, wat hulle in staat gestel het om verskeie gewasse in verskillende klimate te verbou. Hulle het ook die kuns van padbou bemeester en ‘n groot netwerk van paaie geskep, bekend staan as die ‘Inka-roete’. Hierdie het hulle ryk se baie streke verbind met mekaar. Dit het ook voorsiening gemaak vir gemaklike reise en doeltreffende handel, asook as die vinnige en maklike ontplooiing van hul leërs.
Daaglikse lewe van die Inkas
Lewe in die Inka-ryk het gewissel met die persoon se rol in die samelewing. Gewone mense het as boere, arbeiders en vakmanne gewerk. Hulle het gewasse soos aartappels, mielies en quinoa (uitgespreek: keen-wa) verbou, wat noodsaaklik was vir hul dieet. Gesinne het dikwels in die veld saamgewerk en die take van die daaglikse lewe gedeel.
Inkas het ook hul tradisies en gebruike hoog geag. Hulle het aan feeste deelgeneem, gedans en pragtige tekstiele(materiale) en kleiwerke geskep. Huise was tipies van songedroogde modderbakstene gemaak (partykeer ‘adobe’ genoem) en het dikwels grasdakke gehad, wat hulle warm en knus in die koue berglug gehou het.
Kuns en prestasies
Inka-kuns was pragtig en kleur ryk, hoofsaaklik met die fokus op tekstiele, pottebakkery en metaalwerk. Die Inkas was bekwame wewers, en hul tekstiele het dikwels geometriese patrone en simbole uitgebeeld. Hulle het ook ingewikkelde juweliersware gemaak van goud, silwer en edelgesteentes, wat hulle bekwaamheid ten toon gestel het.
Belangrike mense in die Inca-geskiedenis
Sommige noemenswaardige figure in die Inca-geskiedenis sluit in:
Pachacuti: Hy was een van die grootste Sapa Inkas wat die ryk aansienlik uitgebrei het en word gekrediteer met die transformasie van die Inka in ‘n magtige staat.
Atahualpa: Die laaste Sapa Inca, wat regeer het ten tye van die Spaanse verowering. Hy is gevange geneem deur die Spaanse veroweraar Francisco Pizarro, wat gelei het tot die val van die ryk en groot verandering vir die Inkas gebring het.
Machu Picchu: Alhoewel dit nie ‘n persoon is nie, bly hierdie indrukwekkende gebied ‘n simbool van die Inka vindingrykheid en veerkragtigheid.
Gevolgtrekking
Die impak van die antieke Inkas word vandag nog ervaar. Hul landboutegnieke, argitektuur wonders en kulturele prestasies het generasies beïnvloed. Hulle herinner ons aan die krag wat daar is in innovasie, gemeenskap en respek vir die natuur.
Leer meer
Lees:
Videos: