Seeskilpaaie

Seeskilpaaie is reptiele. Hulle is koudbloedig, lê eiers, het ‘n skubberige vel, en haal asem met longe.

Seeskilpaaie is reptiele. Hulle is:

koudbloedig,
lê eiers,
het ‘n skubberige vel,
en haal asem met longe.

Daar is 7 soorte seeskilpaaie:

Green sea turtle ©Wikimedia Commons

Almal behalwe die leerskilpad het ‘n harde dop. Sy dop is sag soos leer en dis waar hy sy naam vandaan kry.

Seeskilpaaie se grotes verskil. Die kleiner Ridley skilpad spesies weeg omtrent 35kg, terwyl die groot leerskilpaaie tot 680kg kan weeg.

Leerskilpaaie is die grootste van al 7 soorte en word tot 2,5 m lank. Hulle kan tot 35km/h in die water swem.

Dit word bereken dat meeste seeskilpaaie omtrent 50 jaar oud word, maar party wetenskaplikes beweer dat hulle tot meer as 150 jaar oud kan word.

Leatherback turtle ©Wikimedia Commons

Kos

Verskillende spesies seeskilpaaie kan omnivore of herbivore wees. Hulle eet jellievisse, krappe, seesponse, anemones, slakke, seekastaiings of seegrasse.

(Watter van hierdie kosse sal die herbivore eet?)

Habitat

Seeskilpaaie kom voor in al die oseane behalwe die arktiese oseaan omdat dit te koud is. Hulle verkies ‘n warmer en tropiese klimaat en mens sal hulle aantref in die sonliggedeeltes van die oseane, dit wil sê in vlakker water, koraalriwwe en seegraswoude. Alhoewel hulle ook tot 1000m diep kan duik.

Hulle reis tussen hulle broei en weiplekke en kan tot 1000e km ver swem tussen die areas.

Gewoontes

Anders as meeste land- en varswaterskilpaaie kan seeskilpaaie nie in hulle doppe intrek nie.

Hulle kan lank asem ophou! As hulle rus of slaap kan hulle 4-7ure wag voordat hulle moet asemhaal.

Hulle voorste en agterste pote is vervorm in flippers wat hulle gebruik om beter te kan swem. Die voorste flippers word gebruik om voorentoe te beweeg in die water en die agterstes om hulle te stuur of van rigting te verander.

In die water kan hulle gemaklik rond beweeg met die aanpassing van hulle pote, maar op land beweeg hulle stadig en ongemaklik.

turtle swimming underwater
Photo by Tanguy Sauvin on Pexels.com

Voorplanting

Dit is slegs die wyfies wat land toe kom om hulle eiers te lê in die sand op die strand waar hulle self uitgebroei het. Die agterste flippers word gebruik om ‘n gat in die sand te grou waarin hulle die eiers lê. Hulle lê 100-200 eiers op ‘n slag. Wanneer sy klaar die eiers gelê het maak sy die gat toe en gaan terug na die see toe.

Die geslag van seeskilpaaie word bepaal deur die temperatuur van die nes. In warmer temperature van 31 grade sal meestal wyfies uitbroei en koeler temperature van 27 grade sal meestal mannetjies wees.

Wetenskaplikes beweer dat seeskilpaaie ‘n spesiale orgaan het waarmee hulle, met die hulp van die aarde se magneetvelde, rigting kan hou. Dit is dan ook hiermee dat die klein nuwe skilpaadjies dadelik pad see toe kan kies en later weer hulle pad terug kan vind na die strand waar hulle uitgebroei het om hulle eie eiers te lê.

Net ‘n paar van die tot 200 eiers wat gelê is sal volwassenheid bereik, meeste klein skilpaadjies word gevang deur roofdiere nog voordat hulle die water bereik.

black and gray sea turtle on brown sand
Photo by Jolo Diaz on Pexels.com

Beskerming

Al die spesies van seeskilpaaie is bedreig. Daar is verskeie oorsake hiervoor van dit sluit in:

  • Besoedeling van die oseane met plastiek,
  • Die vermindering van koraalriwwe (natuurlike habitat) en broei plekke,
  • Hulle eiers word onwettig uitgehaal as ‘n gesogte dis,
  • Skilpaaie word gevang vir hulle velle, doppe en vleis,
  • Hulle word dikwels per ongeluk deur vissernette gevang of raak verstringeld daarin.
a face mask in the ocean
Photo by Lucas Meneses on Pexels.com

Kyk ons video:

Leer meer

Leer meer oor skilpaaie.

Kyk ‘n video oor seeskilpaaie hier en hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *