Bidsprinkaan

Naam: Bidsprinkaan
Ander name: Hottentotsgot of Mantis
Engelse naam: Praying mantis
Soort: insek
Meervoud: bidsprinkane
Verkleining: bidsprinkaantjie

Hierdie bidsprinkaan het ons in ons tuin gevind aan die einde van April. Hy was piepklein, omtrent net 8mm groot, maar is nog nie volwasse nie. Soos meeste insekte het hulle ook verskillende groeistadiums. Bidsprinkane broei uit eiertjies uit en ‘n jong een word ‘n nimf of larwe genoem. Die nimf gaan deur ‘n paar stadiums, wat gemerk word deur vervelling, voordat hy uiteindelik ‘n volwasse bidsprinkaan word wat eiertjies kan lê. Bidsprinkane is insekte met eksoskelette en moet vervel as hulle te groot word vir hulle vel.

Verskillende bidsprinkane:

‘n Bidsprinkaan het 6 pote. Die voorste twee is kort en lyk amper soos handjies. Veral wanneer hy dit saam vryf lyk dit kompleet asof hy bid. Maar dit is nie die enigste verbintenis wat die bidsprinkaan met geloof het nie. Lank gelede het hy bekend gestaan as ‘n hottentotsgot. Daar is verskeie idees hieroor wat verband hou met die San-mense (eers genoem hottentotte en/ boesmans). As jy meer wil leer oor die San-mense en wat hulle geglo het, wat die naam van hierdie insek beïnvloed het, kyk gerus by hierdie skakel.

Interessante feite oor bidsprinkane:

  • Bidsprinkane kan baie goed wegkruip en kamofleer.
  • Daar is omtrent 2200 verskillende spesies bidsprinkane in 9 verskillende families.
  • Hulle is geneties nader aan die kakerlakke as aan sprinkane.
  • Hulle kom regoor die wêreld voor, maar verkies ‘n matige en tropiese habitat.
  • Bidsprinkane is karnivore. Dit beteken hulle eet ander insekte/goggas en partykeer selfs klein voëltjies.
  • Hulle het 4 vlerke en kan kort afstande vlieg.
  • Hulle het ‘n driehoekige kop wat 180 grade kan draai en hulle kan baie goed sien.
  • Die nimf vervel 5-7 keer voordat hy volwasse is.
  • Party keer eet die wyfies die mannetjies op tydens paring.
  • ‘n Wyfie lê net een keer eiers in haar leeftyd; tussen 100 en 200!
  • Die eiers word in ‘n skuimbal gelê; mettertyd word die buitekant hard en beskerm dit die eiers.
  • Bidsprinkane hoor met sensors in hulle bene.

Lees/leer meer:

Wikipedia

Gardenia.net

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *