Description
Hierdie bladsye kan gebruik word om neer te skryf wat julle geleer het oor Europa en verskeie lande.
Die notaboek bladsye is opgedeel in 2 dele. Die eerste is vir ‘n studie oor die kontinent. Die tweede kan veelvoudig uitgedruk word vir elke studie oor ‘n land in Europa.
Ingesluit in die notaboek bladsye:
- Algemene inligting en interessante feite
- Geskiedenis tydlyn
- 2x landskap bladsye
- Fauna
- Flora
- Klimaat en klimaatstreke
- Bedrywe, minerale en natuurlike hulpbronne
- 3x bladsye oor ‘n land in Europa
Vind ook skakels na inligting oor Europa en 9 individuele lande in Europa. Asook idees vir aktiwiteite om te doen, uitstappies en flieks om te kyk (of boeke om te lees).