HDD Wiskunde Graad 1

R150.00

Leer jou kind die basiese konsepte van Wiskunde in Afrikaans.

Hierdie produk is in Afrikaans vir leerders tussen 4 en 8 jaar.

Hierdie produk is slegs beskikbaar as ‘n digitale produk om afgelaai te word.

No refunds will be issued on digital products.

Description

In hierdie Graad 1 kursus leer die leerder van die basiese konsepte van die Wiskunde.

Ons werk onder andere met getalbegrip en verskillende maniere om bewerkings te doen, ons kyk na plus, maal en minus, ons leer om tyd te lees, storiesomme te verstaan, en nog baie meer.

Elke week se werk is opgedeel in:

  1. Verwerkings – oefen syfers en hoofrekeninge.
  2. Leer – die konsepte waarop die week gefokus word.
  3. Oefen – ‘n tyd om die konsep in te oefen, waarna ‘n oefening op die werkkaart gedoen kan word.
  4. Hersien – hersien vorige konsepte en verseker dat die leerder nie vergeet wat hy/sy geleer het nie.

Dit is ‘n vol uitgewerkte kursus met alle werkkaarte wat julle nodig het in. Ons stel wel die gebruik van eenvoudige items soos tellers, ‘n maatband, horlosies, ens. voor (alles algemene items in of om die huis.) Omdat leerders so verskil is daar nie vaste maniere gegee hoe om konsepte te verduidelik nie, maar eerder voorstelle. Die kursus is uitgewerk in 30 weke eerder as dae. Daar is ‘n voorgestelde indeling per dag, indien julle sou verkies om dit te gebruik. Daar is genoeg tyd om langer aan ‘n konsep te spandeer om dit eers vaste lê voordat aan beweeg word.

Ingesluit is ook hulpbronne soos ‘n honderdkaart, getallelyne, ens.