Description
In hierdie kursus gaan julle begin om vas te leer te skryf. Ons begin met prentjies en patrone om die hand en spiere gewoond te maak aan skryf. Daarna leer ons om letters en syfers te vorm en in lyntjies te skryf. (Hoe om die letters te verbind en woorde te skryf sal in HDD Ek Leer Skryf 4 geleer word.)
Die letter en syfer oefeninge het ook addisionele inligting by om te help met leer vas lees. En die letter vorming is in die middel van die bladsy sodat links- en regshandige leerders dit met gemak kan gebruik.
Hierdie kursus is gemaak vir Gr 2-4 (7-10jaar) ouderdom leerders of vir ouer leerders wat ‘n bietjie ekstra hulp nodig het met die vorming van vaste letters.
Om die kursus in ‘n jaar te voltooi kan julle 1-2 bladsye per week doen.
Daar is 38 werksbladsye in die kursus:
- 8 x speel oefeninge,
- 1 x patroon oefening,
- 26 x a-z (hoof- en kleinletters) oefeninge,
- 1 x a-z voorbeeld bladsy
- 1 x a-z oefen bladsy
- 1 x lyntjies bladsy.