In hierdie studie van Suid-Afrika se geskiedenis gaan jy leer van mense wat deel was daarvan om Suid-Afrika te maak wat dit vandag is. Van die mense het jy reeds dalk ontmoet en ander sal binnekort nuwe kennisse word.
Hierdie is ‘n jaar kursus en kan ‘n half krediet tel vir die Amerikaanse Hoërskool Diploma.
Elke week gaan jy van ‘n nuwe persoon leer en die opdragte doen. Dit word ook aanbeveel dat jy deur die aanvullende artikels lees oor aspekte of gebeurtenisse van Suid-Afrika se geskiedenis, dit sal jou help om die gebeure en geskiedenis beter te verstaan.
As jy ‘n hoërskool leerling tuisskool, weet jy dat daar min Afrikaanse kursus beskikbaar is… en dit is hoe hierdie kursus gebore is. Ek het self met ‘n nuwe hoërskool leerling gesit wat ‘n sosiale studie vak moes neem om ‘n krediet vol te maak vir haar hoërskool diploma. Sy was maar te gewillig om dit in Engels te doen, maar ek het al hoe meer begin besef dat haar Afrikaans onder al die Engelse vakke begin ly. Verder het ons nog nie te veel aandag geskenk in die laerskool jare aan die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie, net so hier en daar aan dit geraak. So hierdie kursus is my ‘2 vlieë met een klap’ vir ons gesin gewees.
Ek het vinnig besef dat daar baie gesinne is wat hierby kan baat vind en stel dit dan op ons webwinkel as ‘n PDF beskikbaar. Ek het dit so goedkoop as moontlik probeer hou, sodat enige iemand dit kan bekostig.
Daar is elke week ‘n skryfopdrag en ‘n tydlyn word deur die verloop van die kursus opgebou, sodat die leerling ‘n goeie begrip van die geskiedenis kan vorm. Dit word sterk aanbeveel dat die leerder self ook verdere navorsing doen, omdat dit hulle horisonne soveel verbreed wanneer hulle eienaarskap neem en self begin ontdek. As skryfwerk vir julle ‘n hakpunt is, moenie daarteen vaskyk nie, gebruik tegnologie tot julle voordeel deur videos of audio opnames te maak in die plek van die skryfwerk.
Vir die ouer, toesighouer of nasiener is daar riglyne vir punte toekenning indien dit nodig sal wees.
Geniet asseblief hierdie kursus! En laat weet my wat julle dink daarvan by admin at happydooda.co.za.