Description
In hierdie Graad 1 kursus leer die leerder om te lees asook die basiese konsepte van die Afrikaanse Taal.
Leer Lees: Ons leer om woorde, sinne en stories te lees. (Daar word aangeneem dat die leerder reeds meeste van die alfabet klanke ken.) Elke week se werk sluit in die klank waarop daardie week gefokus word, maklike woorde om te spel en te lees en later soos die leerder vorder word sinne, paragrawe en stories bygevoeg.
Afrikaans die taal: Elke week se werk sluit in ‘n raamwerk van die werk waarna gekyk word (taalleer konsepte en hersiening van vorige konsepte), met idees van hoe om dit vir die leerder aan te bied. Daar is ook werkkaarte by elke week ingesluit.
Dit is ‘n vol uitgewerkte kursus met alles wat julle nodig het in. Ons stel wel voor dat die leerder ekstra leesboeke van sy of haar keuse lees om leesvaardigheid te verbeter. (Leesboeke kan bekom word by boekwinkels en biblioteke.)