HDD Graad 1 Gids

R400.00

Gebruik die HDD Graad 1 Gids om ‘n Graad 1 jaar saam te stel volgens julle behoeftes.

Hierdie produk is in Afrikaans.

Hierdie produk is slegs beskikbaar as ‘n digitale produk om afgelaai te word.

No refunds will be issued on digital products.

 

Description

Hierdie gids is opgestel met tuisskoolers in gedagte. Dit is ‘n basiese opsomming van werk vir diegene wie nie noodwendig die vaste kurrikulums (bv. CAPS of Cambridge) wil volg nie, maar tog wil seker maak dat die basiese werk hanteer word en waarop daar later gebou kan word. In die gids fokus ons op Afrikaans as die eerste of huistaal, Engels as tweede taal, wiskunde en skrif.

Hierdie gids is nie ‘n handboek met klaar uitgewerkte daaglikse werk en werkskaarte nie. Dit is vir die eklektiese tuisskool mamma wat graag self wil besluit wat en hoe sy haar kinders leer.

Ons begin met die werksopsommings van watter werk in elke vak gedoen kan word. Daarna is die voorgestelde 30 weke werksindelings vir elke afdeling. Na die werksindeling het ons ‘n paar hulpbronne met verskeie beplannings bladsye vir die ouer tot ‘n selfwerk dagboek bladsy vir die leerder. Daar is ook verskeie toetse ingesluit wat informeel uitgevoer kan word, indien julle graag wil boek hou van die leerder se vordering.

Druk hier om meer oor die produk te lees.

 

Wat Lindie, ‘n nuwe tuisskool mamma, van die kursus sê: “Dit is baie oulik! ‘n Goeie handleiding om te volg, veral iemand soos ek wat geen idee sou hê waar om te begin as ek nie curriculum riglyne gehad het nie. Ek hou ook van die manier hoe jy hersiening doen, op só ‘n manier dat hulle nie weet hulle word ‘getoets’ nie. Ek dink ek en Boetie gaan baie lekker werk hieraan.”